Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"Wat 'n pragtige juweel in ons land. Die mense is besonder vriendelik en veral die buitelandse toeriste vind die dorp baie aanloklik. Die Nasionale Park tot die museums is alles in 'n baie goeie toestand. Die restaurante en winkeltjies is werklik uniek. Absoluut die moeite werd om Graaff-Reinet te besoek. "
"Rustige en unieke dorp en altyd lekker om tyd daar te spandeer."
"Daar is baie om te doen en een van die "moet doen" goed is beslis 'n besoek aan die Sneeuberg brouery vir 'n "honey Ale " en een van hulle "cheese platters"."
"Colesberg is 'n pragtige dorpie, veral die sentrale deel met die ou sandsteengeboue."
"I love Beaufort West as my husband grew up in the town. Still the only place I stay overnight on route to Cape Town from Gauteng."
"Die hitte is wel erg maar mens moet daarby verby leef - dit is immers die Karoo. Nieu-Bethesda, die vallei, Kaktus-plaas, Grootkerk en geskiedenis van die dorp is elk 'n belewenis op hul eie. Die dorp is baie rustig en baie skoon. Die dorp en omgewing roep om 'n volgende besoek. "
"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"
"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "
"Het nie werklik tyd gehad om die dorp te besoek nie, maar die omgewing bied definitief heelwat vir die natuurliefhebber."
"Colesberg is a nice half way stop. A pleasant and friendly city that provides a pleasant half way stay."
"Ons het laatmiddag deur Graaff-Reinet se strate gestap en was beïndruk met die netheid. Daar was nie 'n papiertjie, bottel of blikkie te sien in die strate of op sypaadjies in die paar blokke wat ons gestap het nie. Dit lyk of die geskiedenis en kulturele erfenis van die dorp mooi bewaar en in stand gehou word."