Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Loxton

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loxton bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 210 resensies.

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtig skoon. Mooi omgewing."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige dorpie."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Loxton lyk baie interessant en het definitief tyd nodig om besigtig te word! Ek was bekommerd oor die grondpad van Beaufort-Wes na Loxton, maar dit is eintlik heel gangbaar met 'n gewone sedan. Daar is dele wat dit effens klipperig is, maar dis gelukkig kort stukke. En daar is selfs kort gedeeltes wat geteer is."

Loxton

Karoo Cottage

"Interessante dorpie. Moet ten minste een maal besoek word."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige, skoon dorp met vriendelike mense. Lig gaste vooraf in dat dorp nie oor 'n slaghuis beskik nie."

Loxton

Karoo Cottage

"Vir die reisiger wat die Karoo se oop vlaktes kan waardeer, beslis ‘n moet besoek."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Baie mooi Karoodorpie. Sal weer daar stop en meer verken."

Loxton

Die Rooi Granaat

"'n Klein juweel dorpie in die karoo!"

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige plekkie met baie besienswaardighede."

Loxton

Four Seasons Guest House

"'n Pragtige dorpie met baie oulike besoekpunte, werklik die moeite werd om te besoek! Baie vriendelike inwoners gesels graag. Die Rooi-granaat restaurant/winkel is 'n groot bydraende faktor in die geselligheid van die dorp. Tuine is pragtig."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Loxton het diep in my hart gekruip. "

Loxton

Four Seasons Guest House

"Rustige Karoodorp waar jy gerus jou skoene kan uitskop en ontspan."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Dis 'n baie rustige dorpie wat jy sommer te voet kan verken. Die Rooi Granaat verskaf 'n kaart waarop al die besienswaardighede afgemerk is."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Mooi dorpie."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Loxton is 'n baie oulike en rustige dorpie. Ons sal vir seker weer 'n draai gaan maak!"

Loxton

Die Rooi Granaat

"Daar is nie veel te doen in Loxton nie. Wou graag die plek sien, maar weet nie of ek weer daarheen sal gaan nie. Bietjie uit die pad van alles."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Rus vir 'n mens se siel!"

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige, stil, skoon dorpie."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige plek."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige, klein dorpie met baie gasvrye mense!"

Loxton

Die Rooi Granaat

"Ek het Loxton en sy mense baie geniet. Hulle is vriendelik, die dorp is netjies en skoon en die ou geboue was baie interessant. Ek sou graag daar wou aftree en net die rustigheid van Loxton en die platteland geniet."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige, skoon dorpie en baie vriendelike gasheer en gasvrou."

Loxton

Four Seasons Guest House

"Meer kan gedoen word om Loxton te bemark. Die diens en ete by Rooi granaat was 'n hoogte punt."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Sit dit op jou emmerskoplysie. Ek is mal oor Loxton."

Loxton

Die Rooi Granaat

"As jy van Karoo-gasvryheid hou, asook die neem van foto's, dan is Loxton die plek vir jou."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Pragtige en rustige dorp."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Loxton is 'n bitter klein dorpie, maar met soveel karakter. Jy voel asof jy op 'n ander planeet is in Loxton. Alles is so veilig en die plekkie het sy eie bekoring. Die mense is ook baie vriendelik."

Loxton

Die Rooi Granaat

"Ek het in Loxton skoolgegaan in die 1950's - so Loxton sal altyd vir my 'n besondere plek bly."

Loxton

Four Seasons Guest House

"Daar is nie baie om te doen in Loxton nie, maar dit is 'n baie mooi dorp in die Karoo. Jy kan lekker rus en die Karoo op sy beste ervaar. "

Loxton

Die Rooi Granaat

"Die tekening van die oewerkonyn is nie baie duidelik nie en ongelukkig kon ons nie op die uitstappie gaan om hulle te besigtig nie. Daar kan baie meer gedoen word om die dorpie te bemark."

Blad
Blad 6 - Wys 151 tot 180
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem