Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.
"Die oulikste dorpie met die mees interressante winkeltjies wat 'n mens net nie genoeg van kan kry nie! Die mense is so vriendelik en die beste is dat dit so dierevreindelik is - daar was verskillende winkeltjies wat waterbakke buite gehad het vir die honde wat verby kom en water wil drink - oulik!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Die hele Laeveld area, insluitende Sabie, Graskop, Pelgrimsrus omgewing, Kaapse Hoop & Barberton vorm saam 'n groot aantrekkingskrag!"
"Die park is gerieflik in die sin dat jy kan rondloop en al langs die heining die diere in die Wildtuin kan besigtig. Die instandhouding van die paaie is na ons mening nie goed nie: veral by die tweede ingang na die winkelsentrum. 'n Goeie skraap sal verhoed dat jy jou kar menigmale onder stamp. Verder die afwesigheid van 'n kaart, maak die volle benutting van die park 'n mors aangesien ons nie bewus was dat daar 'n privaat wildskamp is waar leeus ens. aangehou word nie (of so hoor ons). Die rondsit van werkers wat stukwerk soek, is nie 'n gerustellende faktor nie. Dit maak my glo dat daar weinig sekuriteit toegepas word. "
"Marloth Park is 'n rustige omgewing waar mens die natuur kan geniet en selfs 'n bietjie gaan stap of fietsry in 'n veilige omgewing. "
"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "
"Baberton self is vir my nie toeristevriendelik nie. Die paar museums en Geo trail is basies al wat daar is. Eetplekke is ook onder verdenking en ons het uit gery na die Boskombuis om iets te eet."
"Lots of interesting places but far apart from each other, travelling requires. But nice places."
"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."
"Die eetplekke is baie duur. Daar is nie genoeg eetplekke nie. Die padaanwysings kan aansienlik verbeter. As toeristebestemming sou ek voorstel dat mense eerder binne in die Kruger wildtuin bly, anders gaan jy nooit kan ingaan nie. Ons het Malalane en Crocodile hek probeer 06:00 die oggend en dit was vol, en al die dag besoekers was weg gewys. So ons moes Numbi toe ry, wat 2 ure se ry is van Marloth park. Ons kom van Pretoria af so dit maak nie sin om 5 ure te ry, net om 2 ure terug te ry om te kan ingaan by die Kruger Wildtuin nie."
"Nie veel oor waterval boven nie, maar Kaapsehoop is so 30 min se ry vanaf luilekker, 'n heerlike ondervinding en die moeite werd om te besoek."
"Only if they could improve on transport services. Other than that, Graskop is very peaceful."
"They should have transport for the people who don't have transport, maybe from Nelspruit."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Crocodile Nest"Ons was nie juis in Nelspruit nie, ons het maar net deurgereis op pad huis toe van die Krugerpark."
"Het oulike restaurante op pad gesien in 'n kleinerige winkelsentrum, asook 'n Mediclinic, petrolstasies, kitsbanke en dies meer."