Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10163 resensies.

Dullstroom, Mpumalanga

Rueby's Apartments

"Baie van die eetplekke se diens kort werk. Ons het twee plekke gekry wat besonders was (Katinkas en die Coachman), hulle kos was baie lekker en diens uitstekend. Die Bird of Prey Sanctuary is ook 'n moet."

Lydenburg, Mpumalanga

Klitz Gras Chalets

"Spur is oulik. Nie regtig meer van die dorp gesien nie."

Dullstroom, Mpumalanga

Alm-Ü

"Dit is baie jammer dat die toestand van die paaie na en van Dullstroom so swak is. Die omgewing is baie mooi. Dit lyk na 'n lekker toerismebestemming."

Sabie, Mpumalanga

Misty Mountain

"Ons het net deur Sabie gery, nie gestop nie, maar baie nuwe eetplekke en dinge wat aanloklik gelyk het!"

Marlothpark, Mpumalanga

Esa Nui Sanctuary

"Ons het die stilte in die bos geniet. Sommige strate is vir ons te digbevolk. Die mak diere is seker vir stedelinge wonderlik, maar vir ons was dit onnatuurlik. Tog was dit lekker in Marloth!"

Marlothpark, Mpumalanga

South Post at Kruger

"As jy bang is vir wilde diere, glo ek nie Marloth is die regte plek nie, daar is baie wild oral om jou. As jy 'n persoon is wat lief is vir die natuur en die natuur en diere respekteer — enige tyd. Marloth is in die bos, presies net dit, niks meer niks minder — perfek vir natuurliefhebbers."

Marlothpark, Mpumalanga

Serendipity Kruger Lodge

"Indien jy iets vergeet het by die huis, het die winkels binne in Marloth als wat jy nodig het. Anders is die Spar in Komatiepoort puik!"

Marlothpark, Mpumalanga

Doringpoort: Delagoadoring

"Wat 'n belewenis! Kom beslis volgende jaar terug!"

Dullstroom, Mpumalanga

Alm-Ü

"Bespreek eetplek vooruit tydens skoolvakansies."

Dullstroom, Mpumalanga

Treelands Estate

"Die Dullstroom Hotel en Museum is die moeite werd om te besoek."

Panoramaroete, Mpumalanga

The Green House

"Pragtige natuurskoon."

Marlothpark, Mpumalanga

Korhaan Self-Catering Cottage

"Een van ons gunsteling-bestemmings."

Dullstroom, Mpumalanga

Kliphuisjes

"True tourist town, bit expensive."

Dullstroom, Mpumalanga

Peace Corner

"Lekker winkels en restaurante. Het die atmosfeer van die dorp geniet."

Marlothpark, Mpumalanga

Marloth Park Eland 3364

"Baie lekker kuierbestemming, maar die paaie is maar 'n uitdaging, veral as jy nie 'n hoë voertuig het nie."

Marlothpark, Mpumalanga

Galago's Nest Bush Chalets

"Marloth is 'n baie nice plek. Sal dit aanbeveel vir enige gesin wat wil wegkom en rustigheid soek."

Sabie, Mpumalanga

Round Here Self-catering Holiday Home

"Dorp self nie skoon en veilig nie, buite om beter."

Marlothpark, Mpumalanga

Absolute Safari Guest Lodge

"Dis nie 'n netjiese wildspark nie. Die paaie is nie goed nie. Daar is so baie bouers en verkeer in en uit. Dit skep nie 'n veilige omgewing nie. In die nag hoor jy verbygaande verkeer."

Panoramaroete, Mpumalanga

Sudwala Lodge

"Panoramaroete saam Hazyview Skytrails was 'n wenner vir ons gesin en natuurlik Petena's Pancakes is 'n moet in Sabie."

Marlothpark, Mpumalanga

Visarend's Roep

"Dis 'n sprokieswêreld. Dit skreeu vakansie as mens daar aankom."

Dullstroom, Mpumalanga

Bluebell

"'n Klein dorpie wat baie rustig is en waar jy lekker kan ontspan."

Marlothpark, Mpumalanga

Nghala Self-catering Holiday Home

"Lekker plek, maar baie min diere om te sien."

Dullstroom, Mpumalanga

Berryfields

"Persoonlik dink ek dat Dullstroom 'n bietjie oor-verkoop word, maar dit is nie sleg nie. Eetplekke is baie goed (ook die verskeidenheid van eetplekke), maar die winkels is maar baie meh. Die parkeerassistente was ook verskriklik opdringerig (selfs 'n slag of wat aggressief) en neem weg van wat 'n goeie ondervinding kon wees."

Blad
Blad 5 - Wys 121 tot 150