Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6133 resensies.

Dullstroom, Mpumalanga

Woud Blokhuis

"One het pre-covid elke jaar na Dullstroom se "Winterfestival" gegaan, so nou gaan ons steeds. Mrs Simpson is 'n bekende restaurant met kos uit hierdie wêreld! Jy moet net vroegtydig bespreek. Hulle plaaslike brouery- Anvil - maak goeie biere en die pasteie is baie lekker!"

Marlothpark, Mpumalanga

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Veilige area met baie wild wat vrylik tussen die huise rond beweeg. Die huise is lekker afgesonder en privaat. Die Krugerwildtuin en Komatipoort is ook net om die draai."

Dullstroom, Mpumalanga

Sleep @ 84

"Vriendelike diens in al die winkeltjies."

Sabie, Mpumalanga

The Woodsman B&B

"Absolutely beautiful!"

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"Daar is baie om te sien, maar van die plekke is baie sleg onderhou. Die omgewing is pragtig en die moeite werd om te verken."

Marlothpark, Mpumalanga

Acacia Bush Cottage

"Altyd spesiaal in mooi natuurskoon met wilde diere op 'n mens se voorstoep."

Marlothpark, Mpumalanga

Phumangeni Marloth Park

"Dit is nou al die tweede keer wat ons daar kuier en dit bly nog besonders met die eenhede so weggesteek in die bos en die diere wat so naby kom - dit maak dit 'n buitengewone kuiertjie. Ons sal beslis weer wil gaan."

Dullstroom, Mpumalanga

Bluebell

"Die trokke deur die dorp raak 'n ernstige veiligheidsrisiko."

Dullstroom, Mpumalanga

Anglers Court

"Wonderlike dorp vol avonture."

Marlothpark, Mpumalanga

Lionsview Private Lodge - 4 Lions, 4 Sleeper

"Ons eerste kuier en beslis nie die laaste nie. Verlief geraak op die plek!"

Dullstroom, Mpumalanga

Olive Bumble

"Dullstroom is verskriklik duur. Die area is definitief meer gefokus op buitelandse besoekers. Die plaaslike inwoners is baie gasvryheid en behulpsaam. 'n Moet-doen is om na die Dullstroom Bird Of Prey and Rehabilitation Centre toe te gaan, dit was 'n indrukwekkende ervaring."

Marlothpark, Mpumalanga

Kudus Crest Bush Retreat

"Diere is mak en kom tot op die stoep. Ongelooflike ervaring. Bouers het geraas en oornag op site langs ons. Dink alle bouers moet 16:00 van sites af wees. Ons het maar gedurende die dag rondgery, maar van 16:00 wil mens die rustigheid ervaar."

Marlothpark, Mpumalanga

Visarend's Roep

"Marloth is stil en alles is beskikbaar teen 'n bietjie hoër, maar dit is nie so erg nie. Daar is plek vir uiteet en ander winkels wat jy kan besoek sonder om die park te verlaat."

Marlothpark, Mpumalanga

Phumangeni Marloth Park

"Te veel aanbouings. Die plek gaan oorbevolk word as dit so aangaan."

Marlothpark, Mpumalanga

Royale Marlothi Safari Lodge

"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"

Marlothpark, Mpumalanga

Kruger River Retreat

"Ons geniet die rustigheid van Marlothpark ongelooflik."

Standerton, Mpumalanga

The Log Cabin Apartment Hotel

"The roads are shocking in the town and surrounding areas! But this is not unique to Standerton."

Lydenburg, Mpumalanga

De Ark Guest House

"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."

Dullstroom, Mpumalanga

Jock's Cottages

"Pragtige plekkie met baie vriendelike mense. Oral hartlik ontvang."

Marlothpark, Mpumalanga

Kruger Kurper Villas

"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."

Marlothpark, Mpumalanga

3875 Eagle

"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."

Graskop, Mpumalanga

Mogodi Lodge

"Baie netjiese deel van ons land met asemrowende uitsig. Die Gorge, God's Window en Bourkes Luck, wonders van SA. Paaie net plek plek baie swak toestand."

Skukuza, Mpumalanga

SANParks Skukuza Rest Camp

"Puik en wonderlik, sal vir enige ouderdomsgroep aanbeveel. Die Krugerwildtuin op sy beste."

Sabie, Mpumalanga

Merry Pebbles Resort

"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."

Witrivier, Mpumalanga

7 Saint Andrews

"Pragtig en vriendelike stad."

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"As jy bo by die Gorge Lift staan sal jy nooit kan glo hoe mooi dit daar onder is nie. Jy moet met die lift afgaan om daardie beeldskone tonele te gaan besigtig. Dit is die geld werd."

Blad
Blad 84 - Wys 2491 tot 2520
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang