Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1908 resensies.
"Pragtige plekke in privaat besit maar die strate en sekere dele benodig dringend aandag. Heerlik restaurant besoek, Loopstraat. Definitief 'n plek om te besoek."
"Geen besienswaardighede, die restaurante maak al teen 8 uur toe. Daar is nie 'n verskeidenheid van eetplekke om van te kies nie. "
"Not much to do in Klerksdorp as a whole, but big on commerce and industry for vehicle repairs etc."
"Dorp gaan verval as daar nie na hom omgesien gaan word nie, en sal dus nie toeriste lok nie."
"Buiten die slaggate, kan Potchefstroom aanbeveel word as toerismebestemming. Historiese geboue baie mooi en hoop dit word in stand gehou vir ons kinders."
"Lekker restaurante en wakker naglewe in die hoofstraat af. Ons het lekker gaan stap die aand en die atmosfeer was aansteeklik."
"Ag, ek verlang sommer weer na student wees. Pragtige dorp, sal moet kyk na die potholes."