Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1908 resensies.
"Die dorp self is besig om teen 'n baie vinnige tempo uitmekaar te val. Infrastruktuur, dienste en veiligheid is van groot kommer en jy moet baie versigtig wees waar in die dorp jy jouself bevind. In die woonbuurte word darem 'n poging aangewend, maar in die algemeen is dit nie 'n baie aangename besoek nie. Ons weet want ons kinders woon in Klerksdorp en ons besoek hulle redelik gereeld."
"Sekere van die paaie in Klerksdorp het baie agteruit gegaan, maar as bestemming is daar baie besigtighede en aktiwiteite vir ieder en elk."
"Scenery wise Potch is a bit of a dud in winter, but there are so many little places to visit, many little cafe's or restaurants for refreshments, etc where you can find your seat in the sun to unwind a little. I can imagine that it is beautiful from spring onwards."
"Baie vriendelike gemeenskap en voel dat inwoners nog baie Godvresend is. Regtig 'n lekker ondervinding."
"Strate kort baie aandag en is hoegenaamd nie op standaard nie, eintlik onveilig, netheid van die dorp laat ook veel te wense. Dit kan besoekers wat wil oornag in Wolmaransstad laat besluit om liewer elders te oornag."
"Paaie is verskriklik, hulle kan vir seker iets omtrent hulle gate in die paaie doen. Ek dink ook hulle kan meer aktiwiteite aanbied."
"It is a quite beautiful place even though the places for fun are not visible for travellers to easily find or recognize them."
"Baie mooi en veilige ligging en die natuurskoon is 'n belewenis. Die omgewing is rustig, maar genoeg om te doen en te sien."
"Dalk baie meer geskik vir ouer mense aangesien ons 'n klagte gekry het van geraas."