Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1068 resensies.
"Daar is baie te sien en doen, maar die hitte is net te erg. Sal eerder in die herfs of lente daarheen gaan."
"Daar is ongelooflik baie dinge om te doen en sien in en om Oudtshoorn. Dis werklik die moeite werd om daardie omgewing te besoek."
"Ons het die Kango-grotte en Cango Wildlife Reserve besoek en beide was wêreldklas! Ek is net jammer ons kon nie langer bly nie!"
"Oudtshoorn is n heerlike sentrale plek om oor te bly, naby Knysna, Wildernes, Victoriabaai, George en net buite die dorp is daar baie attraksies vir toeriste. Bv die Kango-rotte en Wilgewandel asook volstruisplase en die inwoners daar is baie omgewingsbewus."
"Rust en Vrede waterval is ‘n moet al is dit bietjie ver uit die dorp. Karusa wyne is heerlik vir ‘n ligte middag ete. "
"Baie naby aan al die toeriste aantreklikhede en dis 'n pragtige en skoon dorp in 'n wonderlike omgewing. Al is dit droog is die natuurskoon absoluut pragtig. Baie dankie LekkeSlaap vir hierdie vakansie ons het dit waarlik geniet."
"Rustige dorp in hoog seisoen met goeie verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede."
"Oudtshoorn is beslis 'n besoek werd. Baie opvallend was hoe netjies en skoon die dorp is. Baie om te doen. 'n Nuwe hoogtepunt was die Zipline. "
"Vir ons was Oudtshoorn 'n aangename verrassing. Ons was jare gelede daar, maar na die besoek sal ons die dorp weer besoek. Alles is baie toeriste vriendelik."
"Oudtshoorn is 'n juweel. Daar is baie dinge om te sien en beleef."
"Great place with so much to see and experience. The quietness of the town is one of a kind! "
"Children enjoyed the Cango Caves. There are also camel rides, water slides and Cango Zipline within easy drive en route to the caves that excited our children. Beautiful scenery and hiking routes! "
"Die dorp se infrastruktuur het baie goed gegroei sedert my laaste besoek. Daar is uitstekende restaurante met besonderse atmosfeer."
"Maak seker dat jy jouself genoeg tyd toelaat om alles te kan sien en doen wat die pikante dorpie jou bied."
"A great town with many things to see. Struisvogels, Stokstaartje, Bergen and much more. The surrounding is great with nice and helpful people."