Geverifieerde Resensie
Port Owen
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Owen bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 83 resensies.
"Port Owen is 'n paradys. En 'n baie netjiese plek. Ek en Abe sal self as die Here wil daar kom aftree."
"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
"It would've been nice if there was more things to do. We were disappointed that we could not see the salt making process, as Cerebos no longer do tours. I would also not recommend that you stay over on a Monday, as everything is closed on Mondays. "
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."
"Port Owen is 'n pragtige plek en ons gaan beslis teruggaan om daar ook te gaan vakansie hou."
"Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop. "