Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Parys is die awesomeste plek met die vriendelikste mense wat ek in 'n lang tyd teëgekom het. Kan nie wag om weer Parys te besoek nie."
"Dis definitief 'n bestemming vir 'n paartjie wat tyd saam wil spandeer en rustig wees. Pragtige natuur en heerlike kos. Veral die Duitse restaurant, Roterhan, hulle kos was heerlik. Die Golden Gate area is baie mooi vir stap en rondry."
"Fouriesburg is die plek om te gaan bly as jy Clarens toe wil gaan omdat dit meer stil is en die pryse is ook baie beter. The Windmill is die plaaslike inwoners se gunsteling eetplek en dit lyk ongelooflik mooi. Fouriesburg gee vir ons ‘n plattelandse gevoel en dit was wonderlik!"
"Baie lekker om jou dag in Clarence te spandeur. Mooi goed om te sien en lekker plekkies om by te eet en kuier."
"Ventersburg as dorp is tans te verwaarloos om op positiewe aanbevelings op die vlak van toeristebestemming aanspraak te kan maak. Maar ons weet dit kan 'n heerlike bestemming word indien mense koppe sou bymekaarsit, straatnaamborde sou aanbring en dit wat daar uit die gemeenskap self bemark kan word — soos heerlike biltong en wonderlike handwerk— sou begin bemark."
"From a historical point of view the quaint little town of Bethulie is well worth a visit. Trudie Venter took us on a short tour of some very interesting sites, and she herself has such a wealth of knowledge about the places and events - it was a pleasure to listen to her and learn, despite the fact that many of the historical stories were sad ones."
"Lekker eetplekkies, brouery met lieflike bier wat proe soos koeldrank maar skop soos 'n muil! Baie mooi omgewing. Ry rond en kruip in al die plekkies in. Hulle winkels het uitsonderlike antieke meubels asook moderne dekor! Kyk met die oë of gaan om lekker te koop!"
"Ons is gereelde besoekers aan die Oos- en Weskaap - Bloemfontein is ons eerste keuse as oornagplek. Lieflike stad waarheen ons telkens sal terugkeer."
"Ek was nog nooit in Parys nie, baie gehoor en ons het die Vrydag daar rondgery en dit was net amazing, dis so mooi klein plekkie wat so baie het om te sien. Ons sal graag weer daar rond kuier."
"It is well worth it to drive (or if you are energetic, walk) up Naval Hill. The view of Bloemfontein from the top is great. There is a restaurant at the top for refreshments."
"Ek dink Parys moet die Vaalrivier se moontlikhede as 'n toeristebestemming meer ontgin en ontwikkel. Ons sou graag 'n restaurant/kuierplek op die oewer wou besoek wat miskien ook veerbootvaarte, ens sou aanbied. Ons kon nie 'n skoon, gesellige kuierarea aan die oewer opspoor nie."
"Heerlik, veilig, vakansie-atmosfeer met pragtige omliggende berge. 'n Tuiste vir die moeë mens wat van die stad af kom en net 'n paar dae wil ontglip van die gewoel van die stad."
"Bloemfontein het baie besienswaardighede, maar die strate en algemene netheid het baie agteruitgegaan."
"Clarens sal altyd 'n besonderse plek in my hart hê - veral nou dat ek daar getrou het!"