Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Free State need to create more utopia places for travellers to stop over. A guest house or lodge with a braai area and great views is a must if Free state will be the destination of choice for long drive stop overs."
"So many unexplored places. Unpretentious, beautiful scenery and super friendly people. "
"Die dorp Ventersburg lyk baie sleg. Met die intrapslag kan mens sien daar is geen dienslewering nie. Slaggate in al die paaie, selfs die hoofstraat en gemors wat orals lê. Enigste besienswaardighede is die 2 kerke wat 'n groot geskiedenis het in Ventersburg."
"Die Vrystaat is baie mooi, maar die pad tussen Boshof en Dealesville kort ongelukkig aandag. "
"Ons het net daar oornag na JHB en dit was perfek as 'n oornagplek aangesien dit naby 'n winkelsentrum was waar ons kon gaan kos koop vir aandete en ook vir die pad die volgende dag. Baie mooi area, maar het ongelukkig nie lank genoeg gebly om dit te kan verken nie."
"Zastron is in 'n baie mooi omgewing geleë en vir mense wat wil stap of bergklim is daar baie te doen. Die munisipale ontspanningsgeriewe is totaal en al daarmee heen. Die swembad bestaan lankal nie meer nie. Die munisipale woonwapark bestaan ook nie meer nie. Gelukkig is daar 'n private woonwapark van 'n redelike goeie standaard. Die dorp is onnet en die strate is in 'n haglike toestand. Dit is werklik 'n hartseer storie. "
"Vol kultuur en kuns. Waarde vir geld as jy lekker tuisgebak wil koop. Die diens is puik by elke restaurant/winkel en die mense is vriendelik. "
"Die dorp se paaie kort maar aandag soos baie plattelandse dorpe in ons mooi land!"
"It is conveniently situated on route from Johannesburg to East London. It has an excellent restaurant that serves the most delicious curry. "