Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"As dit nie vir Clarens Extreme op die dorp was nie sou dit baie vinniger al vervelig geraak het, maar dit is 'n baie mooi en vriendelike dorpie."
"Eintlik moet Clarens as 'n wegbreekbestemming 10 sterre kry. Daar is net iets omtrent die Oos-Vrystaat."
"Ons geniet Bloemfontein elke keer as ons met sportbyeenkomste kom ondersteun. Die rose-stad verras ons elke keer! Sien uit om gou weer terug te kom."
"Bethlehem is very cold and limits us as Johannesburg people from exploring the place and has few entertaining venues."
"Vir ons wat in die omliggende dele van Bloemfontein groot geword het, is daar baie besienswaardighede. Een hartseer punt is egter die algemene verval van Bloemfontein. Orals is waterlekke en vuilgoed wat gestrooi lê."
"Een van die besonderse, mooiste en interessantste vakansie bestemmings wat ek nog besoek het."
"Gaan besoek al die mooi winkeltjies, dis voorwaar iets vir die oog en ook heerlike eetplekke!"
"Parys is 'n belewenis 'n moet met al die mooi winkels met hulle oudhede ons beveel 'n besoek aan Parys beslis aan. Dan is 'n besoek aan Bon Af bessie plaas 'n moet, verkieslik in seisoen wanneer die bessies in drag is, September tot einde Januarie."
"Die winkeltjies wat die hoof besienswaardighede is van Clarens raak afgesaag. Elke derde winkel verkoop dieselfde produkte. Verder is dit nie meer die eienaars wat in die winkels is nie, en niemand kan stories deel oor die produkte of die ontwerp, ens. nie."
"Marlize was hands on van die oomblik wat ek bespreek het, tot ons by die deur uitgestap het na 2 dae se verblyf. "
"Pragtige plek, maar strate verwaarloos ten opsigte van strepe nie geverf en straatnaamborde nie duidelik nie."
"Baie mooi omgewing, fantastiese winkels en besienswaardighede en heerlike restaurante, koffiewinkels, ens., als binne loopafstand van mekaar. 'n Aangename ervaring."
"Baie mooi dorpie. En oulike winkels en lekker eetplekke. Die uitsig is fantasties."