Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6087 resensies.
Lydia N. - 14th March 2021
staying in Zastron, Vrystaat
Daar heers 'n rustige dorpsatmosfeer. Die dorp is in 'n mooi omgewing geleë. Sou graag meer prominente ophef van die baasverteller Renier de Winnaar wou gesien het.
James W. - 14th March 2021
staying in Harrismith, Vrystaat
Very small town. Only the roads in town are very bad.
Andre N. - 14th March 2021
staying in Kroonstad, Vrystaat
Ons het nie die stad verken nie, slegs oorgeslaap. Dit behoort 'n goeie toeristebestemming te wees.
Antoinette L. - 14th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Beste plekkie in SA.
Henning Jacobus V. - 14th March 2021
staying in Trompsburg, Vrystaat
Slegs 'n oornagplek. Geen toerismewaarde.
Keith F. - 14th March 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
At the moment it is more of a stopover destination, but the town is undergoing a revival.
Ernest V. - 12th March 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein is erg verwaarloos. Was geskok oor die verwaarlosing en agteruitgang. Verkeersligte het net een werkende lig per rigting per stel ligte. Erg baie slaggate in veral die hoofstrate. Museums gesluit of in swak toestand. Rosestad met geen rose.
Christo D. - 11th March 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Vriendelike mense!
Hettie P. - 11th March 2021
staying in Harrismith, Vrystaat
Die paaie in die dorp is in 'n haglike toestand.
Louise A. - 10th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Lovely town close to Golden Gate, with plenty of restaurants to choose from and interesting art and craft shops. A must visit.
Evelyn F. - 9th March 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
Karaktervolle dorp, ietwat verwaarloos. Die paaie/strate het aandag nodig. Die Adam Kok (kanon kop) en Emily Hobhouse gedenktuin nie op standaard nie. Die ou kerk vorm 'n mooi fokuspunt in die dorp. Verskeie ou huise en geboue op die dorp is mooi gerestoureer en omskep in oornaghuisvesting.
Nora T. - 9th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
Good restaurants!
Twanè D. - 9th March 2021
staying in Warden, Vrystaat
Baie klein dorpie. Niks veel om daar te doen nie, maar sal net weer oorslaap en die volgende dag verder ry na my volgende bestemming.
Sanél /werner H. - 9th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
"Die Plek" se pizza is 'n moet om te probeer in Parys!
Thersia C. - 8th March 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
'n Mens het beslis meer as 'n oornagbesoek nodig om werklik die dorp en omgewing te verken.
Marius D. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is nogal dinamies. Die toerisme-aanbieding hou aan verander. Mens moet egter die avontuurskoene aantrek en buite die dorp gaan verken!
Eddie V. - 8th March 2021
staying in Bethlehem, Vrystaat
Bethlehem se mense was baie vriendelik en het my tuis laat voel. Die dorp self is maar bietjie verniel (nie onderhou nie) met slaggate, ens. Maar anders is dit baie skoon.
Mfanelo M. - 8th March 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloem is a peaceful and calm city. This is the platteland, so it is really good for what it's worth!
David V. - 8th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
’n Dorp met baie om te doen vir jonk en oud.
Herman D. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi en rustige dorpie om te gaan ontspan oor 'n naweek.
Antoinette M. - 8th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
Love die plek!
Alta V. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens het heerlike restaurante teen bekostigbare pryse (in verglyking met Gauteng.) Die winkeltjies verkoop baie interessanthede, en beslis nie net die gewone toeristegoed wat mens by die meeste vlooimarkte kry nie. Bowenal, die dorp voel veilig en 'n mens kan gemaklik rondstap.
Hantie G. - 8th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
Gaan eet gerus by O's restaurant. So romanties tussen die wandelpaadjies en op die rivier en heerlike kos met bekostigbare pryse word voorsien.
Rolene M. - 8th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
Wow! Dit is 'n pragtige plek. Ek kon nie ophou om die omgewing te bewonder nie: vanaf die huise tot die restaurante en uithangplekke. Dit is 'n wonderlike plekkie met vriendelike mense. Selfs Jimmy Jaggers en Cappello waar ons geëet en gekuier het was wonderlike plekke gewees met vriendelike werkers.
Etienne G. - 8th March 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Agteruitgang.
John-henri D. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Jy moet genoeg geld saamvat - maar ek verstaan dat die "locals" hulle brood en botter uitsluitlik uit toerisme verdien.
Brenda W. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Altyd 'n wonderlike plek om na te gaan met baie mooi winkels en wonderlike natuur! Waarlik 'n plek om te gaan vir jou siel om te rus! Sal altyd Clarens aanbeveel vir enige persone.
Karen V. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie lekker dorp vir rus, sal definitief weer gaan.
Reinhard B. - 8th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie pragtige klein dorpie met soveel versteekte plekkies en die mooiste uitsigte. Net 'n bietjie hartseer dat daar soveel praat is van om die klein outentieke winkeltjies op te knap, wat bietjie sal wegvat van die oorspronklike waarde van die ou dorpie.
Mathilda B. - 7th March 2021
staying in Parys, Vrystaat
Klein dorpie wat baie besig is.
Neels R. - 5th March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie lekker daar. Baie om te sien en doen.
Karin V. - 4th March 2021
staying in Zastron, Vrystaat
Die dorpie is verwaarloos en het baie potholes.
Piet F. - 3rd March 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Agteruitgang weens swak munisipale dienste gaan 'n probleem word as dit nie vinnig aangespreek gaan word nie.
Anton L. - 2nd March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Asemrowend.
Robert C. - 2nd March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Baie oulike dorpie, maar overrated en ek sal nie sommer weer gaan nie.
Helena B. - 2nd March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Prag plek. Sorgeloos - jy kan kom soos jy is. ’n Lekker wegbreekplek. Die natuurskoon is asemrowend.
David S. - 2nd March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Love Clarens, lots of interesting shops and restaurants! Lots of physical activities like hiking, bike riding and just general exploring.
Gerrie V. - 2nd March 2021
staying in Parys, Vrystaat
Dit is 'n oulike dorp met 'n baie gasvrye atmosfeer! Die winkeltjies en restaurante is baie op standaard.
Belinda L. - 1st March 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorp, oulike winkels en restaurante, vriendelike mense. As jy net wil ontspan en net weer jou batery wil herlaai, is die beslis die plek vir jou. Die dorp se bekoring en natuurskoon is sonder ophou! Awesome!
Lizette K. - 1st March 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Ons was net in die universiteit se omgewing, so my indruk van die stad is beperk. Lyk baie verwaarloos en nie 'n toerisme mekka nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za