Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Matty S. - 12th July 2021
staying in Rosendal, Vrystaat
Ons was gedurende die week daar om 'n verjaarsdag te vier, maar maak gerus 'n langnaweek daarvan as meer dinge gebeur, veral op die kunsfront! Vergeet van yuppie Clarens, Rosendal het nog hart.
Matty S. - 12th July 2021
staying in Philippolis, Vrystaat
'n Suid-Vrystaatse kleinnood op die agterpad. Verlaat gerus die N1, vir wye, ongerepte landskap.
Stefanus C. - 12th July 2021
staying in Parys, Vrystaat
Al moes ons vroeg vertrek, was ons verras oor die baie winkels wat antieke items verkoop. Personeel van Sasol-garage, naaste aan middedorp, baie vriendelik en bedien kliënte in hul eie taal.
Japie D. - 11th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Sal definitief weer daar oornag.
Marilize V. - 11th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens het sy eie bekoring! 'n Moet vir elke reisiger. Heerlike takeaways tydens Lockdown Level 4, vars lug en die mooiste uitsig.
It M. - 11th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Die Covid-pandemie het die Clarens-besoek gedemper.
Cornelius P. - 11th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Die plek wat aan almal se smaak sal voldoen in 'n rustige vakansie-atmosfeer met ongeskonde natuurtonele.
Barend M. - 9th July 2021
staying in Bethlehem, Vrystaat
Selfde probleem as meeste plattelandse dorpe. Geen infrastruktuur-instandhouding.
Michael H. - 7th July 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Koud.
Jolande H. - 7th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Ek gaan vir die berge, die vars lug en die atmosfeer. Dis heerlik om die berge om elke hoek en draai te sien wanneer jy deur die winkels snuffel of 'n ete by een van die baie restaurante geniet, of sommer net wanneer jy jou oë oopmaak in die oggend.
Joanne D. - 6th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is wonderlik.
Elke M. - 6th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Sal enige tyd weer kom kuier.
Marilese V. - 6th July 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Absoluut die moeite werd!
Schalk M. - 5th July 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Mense is vriendelik. Hul restaurante is puik met baie goeie steaks. Die mense weet wat goeie vleis is.
Morne D. - 5th July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful
Marius B. - 4th July 2021
staying in Harrismith, Vrystaat
Die paaie in die dorp kort aandag. Goeie Spar.
Christo V. - 3rd July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Luilekker. Doen moeite om met diese plek se mense te gesels en te kuier. Lekker lekker mense.
Kobus B. - 1st July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
A.g.v. Covid en level 4, was Clarens dood.
Greg R. - 1st July 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Stay as you are.
Nadine B. - 30th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Left a piece of my heart in this beautiful destination. Will definitely be back!
Arista B. - 30th June 2021
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Alhoewel dit slegs 19:30 was, dus lank voor die "curfew" kon ons nie 'n eetplek vind wat oop is nie. Dit is asof die COVID-maatreëls alle kliëntgesentreerdheid uitkanselleer!
Michael P. - 30th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie.
Melanie P. - 29th June 2021
staying in Kroonstad, Vrystaat
My eerste keer in Kroonstad. Het nooit besef die dorp is so groot en goed bestuur nie. Baie netjiese winkelsentrum naby met alles wat ons nodig gehad het vir braai.
Nelia D. - 29th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
'n Wonderlike dorpie en beslis 'n besoek werd. Sal definitief weer daar gaan kuier.
Annemarie D. - 29th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Bly maar net 'n besonderse plek.
Riaan V. - 29th June 2021
staying in Rosendal, Vrystaat
Dis 'n great plek om te gaan rus vir 'n paar dae.
Bossie B. - 29th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Winter bietjie koud. Beveel somer aan.
Werner K. - 29th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige dorpie met baie winkeltjies vir mense wat daarvan hou om rond te kyk en 'n geldjie het om te spandeer. Die restaurante is volop en maak dit maklik toeganklik om 'n ietsie te eet iewers op die roete van ontdekking. Golden Gate wat naby geleë is, maak dat Clarens 'n ideale plek is vir beide die voordele van berge en dorp.
Claudia G. - 29th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker wegbreek vir oud en jonk.
Rosa V. - 28th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Natuur is pragtig en vol verrassings. Mense is vriendelik en behulpsaam. Kooperasie Restuarant het die beste kos en diens.
Leasche' D. - 28th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is definitief my gunsteling plek in die hele Suid-Afrika. Altyd skoon en netjies, die dorp is vol lewe en ongelooflik vriendelik! Ek sal nog daar kom aftree!
Minx A. - 28th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens was altyd 'n groot toeris-trekpleister, maar die dorpe val uitmekaar uit met die slegte paaie en vervalle voorkoms.
Cj V. - 28th June 2021
staying in Parys, Vrystaat
Tog te lekker om deur die winkeltjies te stap.
Shumi L. - 28th June 2021
staying in Parys, Vrystaat
It is a very nice place, lovely people everything about it is just pleasant.
Charmaine C. - 28th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful destination.
Elizabeth F. - 28th June 2021
staying in Noordelike Vrystaat, Vrystaat
Baie mooi daar.
Mandi D. - 28th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
'n Goeie wegbreek vir die naweek.
Riana D. - 28th June 2021
staying in Clarens, Vrystaat
Oulike plek baie om te sien en netjies.
Claudine J. - 28th June 2021
staying in Parys, Vrystaat
Ons hou van Parys, lekker dorpie wanneer jy wil rus! Mooi winkeltjies en lekker eetplekke.
Pieta V. - 28th June 2021
staying in Parys, Vrystaat
My eerste keer daar. Was soos almal beskryf het. Lekker besig. Genoeg eet- en drinkplekke. Oulike winkels in lekker biltong.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]