Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Wakkerstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 343 resensies.

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Baie plekke maak slegs oor naweke oop."

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Ons het die dorp baie rustig gevind, aangesien dit in die middel van die week was. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik en behulpsaam. Beslis 'n plek om weer te besoek."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Vriendelike mense en 'n lekker atmosfeer."

Wakkerstroom

Apple Cottage

"Wakkerstroom will satisfy birders and people who enjoy small places."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Dit is die mooiste dorpie met die vriendelikste en mees behulpsame mense. Ek wil veral die dame van die Inligtingsburo besonder bedank vir al die inligting wat sy agter ons aangery het. Mense dit is diens."

Wakkerstroom

Weaver's Nest Restaurant and Country Inn

"Die paaie kort 'n nuwe laag teer."

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Pragtige omgewing. Baie goeie voëlkyk-area. Baie winkels is toe in die week wat teleurstellend was. Ons het tuis gegaan gedurende die Oktober-skoolvakansie. Definitief meer 'n naweek-bestemming. Neem eie kos saam vir selfsorggastehuise. Ons moes Volkrust toe ry vir kosaankope. Baie koud, neem genoeg warm klere saam. Nietemin, heerlike vakansie!"

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Pragtige, ou geboue."

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Dis 'n pragtige dorpie en daar is heelwat om te sien en doen. Veral wanneer die voëls broei is daar soveel soorte te sien. Lekker veilig vir lang ente se stap."

Wakkerstroom

Grootriethaan Gastehuis

"In die week is winkels toe, glo naweke is daar vir seker meer te doen."

Wakkerstroom

Pot & Gieter Guest House

"Dis 'n weggesteekte juweel."

Wakkerstroom

Semi Soet

"As jy op soek is na rus en vrede, vriendelike mense en lekker koek, dan is Wakkerstoom verseker 'n bestemming wat jy op jou Top 10-lysie kan sit."

Wakkerstroom

The Wakkerstroom Hotel

"Hoe die dorp kan inskryf vir Dorp van die Jaar gaan my verstand te bowe."

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Lieflike, wonderlike plek! So rustig en vreedsaam. Ons gaan beslis weer soontoe!"

Wakkerstroom

Semi Soet

"Die vriendelikste mense in die mooiste dorp."

Wakkerstroom

Pot & Gieter Guest House

"Incredible little town, filled with amazing people."

Wakkerstroom

Grootriethaan Gastehuis

"Vriendelike mense. Asemhaal-omgewing. Heerlike eetplekke. Bekostigbaar. Sal graag met kunstefees wil kom kuier."

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Friendly locals, good restaurants, coffee shops and pubs. Interesting history. Scenic. Good birding."

Wakkerstroom

Apple Cottage

"Ons gaan gereeld Wakkerstroom toe en geniet die dorpie terdeë."

Wakkerstroom

Semi Soet

"Pragtige, vriendelike dorpie."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"As 'n entosiastiese voëlkyker is Wakkerstroom die perfekte toeristebestemming om jou voëllysie te verbreed en selfs beginners baie opgewonde te maak oor die stokpertjie. Die dorpie bied 'n heerlike verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede om die nuuskierigheid te prikkel. Die plaasatmosfeer is uniek en ontspanend. Ek sal dit aan enige persoon wat nog nie in Wakkerstroom was aanbeveel."

Wakkerstroom

Grootriethaan Gastehuis

"'n Waardige alternatief vir meer gekommersialiseerde vakansiedorpies."

Wakkerstroom

The Brinkhuizen

"Wakkerstroom is my nuwe gunsteling-wegbreekplek van Johannesburg af. Daar is lieflike restaurante, 'n bakkery, die Grasslands-slaghuis het heerlike vleis en winkels met plaaslike produkte soos plaaseiers en kase. Daar is boonop talle mooi ou geboue en die begraafplaas het Eerste Vryheidsoorlog- en Anglo-Boereoorloggrafte. Ons het ook Majuba - wat net 35 minute ver is - gaan uitklim."

Wakkerstroom

Badenhorst Cottage

"Ek kon nie glo dat Wakkerstroom in 2010 en 2018 dorp van die jaar was nie, alles is vervalle, strate is vuil sjoe nee ek was regtig nie baie beïndruk nie. Daar was een winkeltjie waar die eienares regtig uit haar pad gegaan het, sy was behulpsaam, onselfsugtig en baie oulik. Die een algemene handelaar aan die onderpunt van die dorp was ook baie gaaf en vriendelik. Jammer oor die negatiewe kommentaar, ek wil dit nie eintlik eers instuur nie, ek bedryf self 'n gastehuis maar dit was ongelukkig my ervaring."

Wakkerstroom

Pot & Gieter Guest House

"Wakkerstroom is net die mooiste plek - stil en afgelëe met geen gebrek aan dinge om te doen en sien nie. Hierdie is definitief 'n 'moet terugkom'-bestemming."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"So ryk aan geskiedenis. Dorp is mooi skoon, ou geboue indrukwekkend. Gaan doen gerus die Historiese roete in die dorp. Vars plaasprodukte soos melk, kaas, eiers en vars brood is beskikbaar. Ek het my selfoon vergeet by die Village Bakery op die tafel, toe ons pasteie gaan eet het (heerlik!) Hulle het dit vir my gehou! Dankie! Die hele omgewing rondom Wakkerstroom is pragtig! Zaaihoekdam is indrukwekkend."

Wakkerstroom

Grootriethaan Gastehuis

"Inwoners is trots op hulle dorp en bewaar oudhede en geboue. Hartlike mense. Lekker eet- en kuierplekke."

Wakkerstroom

Apple Cottage

"Dit was ons 2de keer in Wakkerstroom en sal vir seker weer gaan!"

Wakkerstroom

Grootriethaan Gastehuis

"Top birding destination!"

Blad
Blad 4 - Wys 91 tot 120