Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vinkie

Vinkie
Vanaf R2 100
R2 100 R1 400
per eenheid
  • Plek vir 4 mense
  • Alleenstaande Eenheid
  • Dubbelbed
  • Lees meer
Beskrywing

Die Vinkie-kothuis het 2 slaapkamers wat albei en suite-badkamers met 'n stort en 'n toilet het. Die kombuis, leefarea en eetkamer is oopplan en die sitkamer het 'n kaggel binne. Die kothuis spog met ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings as die koue byt in die winter. Maar die braai-area is perfek vir luilekker somerdae! Vinkie het ook DStv met sekere kanale.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
  • Nie rook
  • Patio
Badkamer
  • Stort
Kamergeriewe
  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof
Vermaak
  • Gedeelde dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Gaste kan nie in- of uitklok op Kersdag of Nuwejaarsdag nie.
Die balans moet 3 dae voor die inklokdatum betaal word.
Hierdie eenheid kan slegs die hoeveelheid gaste wat opgegee is akkommodeer. Geen harde musiek na 22:00. Geen partytjies op die perseel - die bestuur behou die reg voor om huurders te vra om te ontruim indien hulle nie hierdie reël nakom nie.

Let asb. daarop dat ons nie goedkeuring het om kredietkaartbetalings namens gaste te maak nie, ons aanvaar slegs EFT/fondsoorplasings.

'n Sleutel- en breekskadedeposito van R650 is betaalbaar met aankoms en dis terugbetaalbaar binne 7 - 14 werksdae nadat die huis nagegaan en alles in orde gevind is. Sleutels sal onder geen omstandighede oorhandig word as die volle betaling nog nie ontvang is nie.

DStv kan teen R25 per dag geaktiveer word.

Daar is 'n troeteldierfooi van R250 vir 2 honde per huis. Daar word nie meer as 2 honde op 'n slag toegelaat nie.

Let wel dat kontant nie vir die volgende aanvaar word nie:
- Breekskadedeposito
- Troeteldierfooie
- Balansbetalings
- Terugbetalings

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf R2 100
R2 100 R1 400
per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeduikerstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e8d51e8be221d0585253b953c30b23ce27ecc011a094ca997a185e6f36cd93bb540440674d3b7943ec7530079a264864b36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 100 nouVanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 14 5 1 4 Seeduiker Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.808741666667 17.890205555556
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem