Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
"Delightful village for a shortish stay; beautiful surroundings, off the beaten track, very peaceful."
"Ons het Calitzdorp toe gegaan, vir die Vetplantfees. Goed georganiseerd: baie stalletjies met vetplante, 'n uitstappoie met 'n gids op 'n koppie naby die dorp, 'n praatjie deur Ernst van Jaarsveld. Ons het soeveel geleer an gesien. Almal het ons verwelkom en was baie vriendelik. As iemand Calitzdorp toe ry, moet jy alles saamvat. Geen winkels oop op laat Saterdag of Sondag."
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"Calitzdorp is redelik vervalle en glad nie die plek wat ons oor die jare leer ken het nie!"
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"McGregor is soos 'n batterylaaier - nie opwindend nie, maar doen sy werk goed. Jy kom met 'n pap battery daar aan en vertrek weer met 'n volgelaaide een. Dit is asof tyd teen halfpas loop op hierdie pragtige plekkie. Ek wil wéér en wéér en wéér teruggaan!"
"Lekker plek, maar nie 'n 5 ster hotel nie, maar dit is nie hoekom jy McGregor toe kom nie."
"Dit wat ons gesien en gehoor het, het ons laat besluit om vir langer terug te kom om meer van die omgewing te siene te kry. Ons het ten minste lekker kaas gekoop by die Parmalat fabriekswinkel."
"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."