Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6634 reviews.
"Dit is 'n baie mooi dorpie met baie lekker toeristeplekkies. Mense moet dit meer kom besoek, dit het ietsie vir almal. Dit het bietjie swaar gekry in Covid, maar die mense gaan aan en almal is vreeslik vriendelik."
"Graaff-Reinet het baie geskiedenis en baie om te sien. Sal definitief die dorp aanbeveel vir oorslaap."
"Ons het die stilte van Paradysstrand baie geniet. Kon kilometers langs die strand loop sonder die vrees om aan Covid blootgestel te word."
"As jy bereid is om die grondpaaie aan te durf is daar baie om te sien. Mooi natuur en ook geskiedkundige plekke."
"Onderhoud en instandhouding van die dorp nie op standaard nie. Baie vriendelike mense. Goeie restaurant by Muller’s House."
"Undiscovered South Africa. The ideal route when travelling from Cape town to Durban."
"Beslis die moeite werd om oor te slaap en die omgewing/dorp te sien."
"Die dorp is pragtig! Klein, maar het alles wat jy benodig. Parkeer jou kar, neem jou kamera en verken die dorp te voet. Dit is die beste manier. Baie museums, kunsgallerye en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Moet besoek!"
"Baie lekker gebrunch by The Shed en oulike plaaslike winkels daar. Baie pret gehad saam met Trip'n Cradock met hul White Water Tubing af in die rivier, sal dit vir seker aanbeveel!"