Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Rouxville kort soos alle klein dorpies 'n sterk toerisme vereniging. Daar is pragtige vervalle geboue wat smeek om gebruik en gerestoureer te word. Ongelukkig is Rouxville seker nie op 'n toerisme roete nie. Die gevoel van die dorp is veilig en rustig."
"Clarens is baie duur, nie die beste plek om kruideniersware te koop nie. Bring eerder saam wat jy nodig het as jy in selfsorg-akkommodasie gaan bly. "
"Kan nie wag tot die volgende trip na Clarens toe nie. So gehoop dat die blanket shop nog bestaan het waar ons van die oorspronklike Lesotho komberse kon kry."
"Die hospitaal en die een hoofpad is naby aan Park West en dan hoor mens die ambulanse as daar 'n noodgeval is en sekere motors wat probeer spog in die middel van die nag."
"Het nog altyd baie van Clarens gehou en elke besoek is spesiaal. Moet egter erken dat swak diens by meer as twee restaurante ons besoek hierdie keer bietjie ontsuur het. Hoop die eienaars skenk aandag hieraan."
"Die gate in die paaie gee 'n wrang smaak in 'n mens se mond veral as jy daar opdaag met 'n voertuig wat meestal geskik is vir 'n hoofweg."
"Interesting little Free State town. Would like to spend more time there."
"Dit is 'n baie skoon en netjiese area. Toegang tot die stad is maklik en so ook na die hoofroetes in en om Bloemfontein."
"Ek was ongelukkig net een nag daar en dit was 'n Sondag toe ek weer weg is so die dorp was, maar baie stil met die winkels wat toe was."