Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"Die hospitaal en die een hoofpad is naby aan Park West en dan hoor mens die ambulanse as daar 'n noodgeval is en sekere motors wat probeer spog in die middel van die nag."
"Het nog altyd baie van Clarens gehou en elke besoek is spesiaal. Moet egter erken dat swak diens by meer as twee restaurante ons besoek hierdie keer bietjie ontsuur het. Hoop die eienaars skenk aandag hieraan."
"Die gate in die paaie gee 'n wrang smaak in 'n mens se mond veral as jy daar opdaag met 'n voertuig wat meestal geskik is vir 'n hoofweg."
"Interesting little Free State town. Would like to spend more time there."
"Dit is 'n baie skoon en netjiese area. Toegang tot die stad is maklik en so ook na die hoofroetes in en om Bloemfontein."
"Ek was ongelukkig net een nag daar en dit was 'n Sondag toe ek weer weg is so die dorp was, maar baie stil met die winkels wat toe was."
"Dit is 'n vriendelike, Afrikaanse dorp met juwele om te ontdek en funksies en markte wat gereeld plaasvind."
"Dalk effe ver van hoof besighede, maar paaie is so maklik en toeganklik dat dit geen probleem is nie."
"Pragtige dorp op die oewer van die Vaalrivier. Oulike kuierplekke. Die strate tussen die huise is in 'n baie swak toestand."
"Die gholfbane is fenomenaal, maar ek was ietwat teleurgesteld met die dorp self. Ek het meer verwag as wat ek gesien het. Baie oudhede winkels, maar nie veel meer as dit nie. Vergelyk byvoorbeeld nie goed met onder andere Clarens nie."