Geverifieerde Resensie
Vrystaat
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vrystaat bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7630 resensies.
"Die dorp bied 'n heerlike naweek wegbreek geleentheid uit Pretoria en Johannesburg. "
"Gemaklik naby die N1 geleë en baie eetplekke binne bereikbare afstand. Bietjie geraas van verkeer gedurende die dag."
"Heerlike dorp met 'n regte vakansie atmosfeer, baie om te sien en doen! Daar is net nie juis kruidenierswinkels nie, so pak maar die nodigste in vir die eerste aand of twee. Maar Clarens is 'n moet op elke bucket list! "
"Die dorp blyk goed versorg te wees.Die kerk en van die geboue in hoofstraat is 'n bewys daarvan. "
"Lekker dorpie. sou groter kunswinkels wat modern en ou kunstenaars se kuns aanhou waarder het. En dalk iewers 'n parkie waar mens veilig kan gaan stap."
"Clarens is a beautiful small town with lots of bars and restaurants in town. It's also close to Golden Gate mountains and site seeing."
"Ons het die saalperd streekskou baie geniet. Die dorpie is klein, maar ons kan alles wat ons nodig het in die dorp kry."
"Heerlike naweek wegbreek bestemming. Rustig en lekker om Afrikaans te kan praat oral waar ek gaan. Ware plattelandse ervaring."
"Waverley is mooi boomryk, gevestig en stil. Ons het geen verkeer gehoor nie. Net die hadidas het ons een oggend bietjie gepla, en daaroor het mens nie beheer nie. Dis ook 'n goeie ligging, veral vir die noordelike gedeelte van Bloemfontein."
"Memel is een van daardie ou Vrystaatse dorpies van toeka se tyd, geen haas en min mense en ook vriendelik."
"Om die Asrivier se 'uitval' te gaan bekyk is 'n moet vir almal. Skaars 9 kilometer op die Bethlehempad vanaf Clarens. Sien die 6-meter 'Caledon-Tonnel' pype wat water teen verbasende spoed uit die berg spoeg oor 'n reeks 'weiers' om die spoed af te bring. Golden Gate se hotel en stap roetes is ook 'n skamele 20 km verder op die R712 na Harrismith. Fantasties om na 'n verfrissende stap daar te stop vir 'n rooibos tee en soetigheidjie. Ficksburg se kersie-fees sal ook 'n moet wees in Desember."
"If you are a keen birder then Ventersburg is close to the Willem Pretorius Game Reserve which has good birding and animals."