Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Eerste keer in Trompsburg - baie netjiese dorpie met unieke eetplekke. Sal weer stop vir oornag.."
"Geen kommentaar oor die dorp, want ons het in die aand gearriveer en vroeg die volgende oggend weer vertrek."
"We spent Christmas in Clarens. Cute town in a beautiful location. Had excellent Christmas dinner at Gusto. Sterkfontein dam is worth a visit, also the Ash River. The golf course is very good."
"Besoek gerus Snobs Coffee in die dorp, wat 'n onverwagte juweel. Heerlike omelette en varsgebakte koek."
"Daar is iets vir almal. Ons het lekker rustig gekuier by die antieke winkels en restaurante, asook quads gery en boogskiet gedoen deur Real Adventures. Heerlike vakansie."
"Ons geniet en waardeer 'n tipiese plattelandse dorp soos Trompsburg, maar omdat ons net oorgeslaap het en route na Graaff-Reinet, het ons nie die omgewing se besienswaardighede besoek nie."
"Die natuurskoon is asemrowend en die dorp Clarens is verbasend skoon. Gemeet aan die huidige tendens waar rommel feitlik in elke dorp en omgewing 'n onooglike skande is. Ons was verstom om op Nuwejaarsoggend deur Clarens te ry en te sien hoe skoon die dorp na Oujaar is. "