Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"Altyd 'n wonderlike provinsie om te oornag en het ons reeds in die verlede tot twee nagte by sekere dorpe oornag en plekke besoek."
"Daar is baie lekker eetplekke en koopgeriewe in die omgewing en jy hoef nie stad to te ry vir enige iets nie."
"Can't be too sure of what you will find in Fouriesburg. We were in need of petrol and when we arrived there we found they had none and they did not know when they would receive - typical farming town I suppose. Great butchery (Model Butchery) which sells great lamb chops and the best marinated chicken kebabs that we have ever tasted."
"Die gholfbaan se setperke laat veel te wense oor veral teen die prys vir 18 gate."
"I can't say much for the town other than the people seem friendly and it is an ideal halfway stopover between East London and Gauteng."
"Die woonbuurt gaan blykbaar gebuk onder gebrekkige vullisverwydering. Universitas is dus nie die beste oornag omgewing in Bloemfontein nie, maar Aandmuziek kom hierdie probleme van die omgewing te bowe deur hulle onberispelike tuine."
"Fouriesburg is 'n klein dorpie, goed geleë en 'n kort afstand van Clarens af."
"Pragtige winkels met interessante ou en antieke artikels om te koop wat elkeen se sak sal pas!"
"Clarens is 'n baie aangename vakansie plek en daar is n uiteenlopende aantal dinge om te doen. Ons het Clarens al voorheen besoek en sal vir seker dit weer besoek en aanbeveel vir ons vriende."
"Van ons familie het voorheen in Langenhovenpark gewoon, redelik bekend met die omgewing, kan Langenhovenpark aanbeveel."
"Ons ken Bloemfontein redelik goed. Het familie daar en het voorheen baie oorgebly toe ons dogter deelgeneem het aan squash toernooie. Bloemfontein is 'n pragtige, skoon stad en amper halfpad Kaap toe, is dit werd om in Bloem oor te bly."
"Die gemeenskap is vriendelik en baie behulpsaam. Daar moet net op die websites gesit word watter restaurant beskikbaar is. Veral as mens na 6 daar aankom, anders gaan jy honger slaap."
"Die dorp is baie oulik. Die mense van die dorp het ons met vriendelikheid ontvang en gehelp toe ons band vervang moes word."