Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.
"Graskop is baie sentraal in die Laeveld geleë in die middel van die Laeveld Panorama. "
"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."
"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."
"Dullstroom is 'n ideale bestemming vir reisigers van Gauteng vir 'n naweekwegbreek. "
"Dis 'n heerlike vakansieplek en ons as familie het baie herinneringe daar. Dit is besig om baie uit te brei en al hoe meer huise maak dat die bos-gevoel 'n bietjie begin kwyn, maar daar is nog baie wild en die feit dat die Kruger Wildtuin direk langsaan is en mens ure lank kan sit en uitkyk oor die Krokodilrivier en lekker ver kan gaan stap, maak dit absoluut die moeite werd."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Warm genoeg in die winter vir wegbreek van die winter."
"Wonderlike stukkie aarde in ons land! Sal enige tyd so 'n stukkie aarde my eie wil maak."
"Die weeksdag, hoewel dit in die vakansie was, was baie stil. Daar was net twee restaurante oop die aand wat ons kon sien. Maar dit is 'n pragtige, rustige dorpie. Baie vriendelike mense."
"Die Checkers is amper op Woolies standard, baie goed gewees. Ek het my Venter sleepwa perongeluk oop vergeet, na 2 ure se inkopies was alles nog net so in die sleepwa, ons was verras (en dankbaar). My dogter het haar donkerbril in 'n winkel verlê en dit wraggies die volgende dag weer daar terug gekry. Uitstekend!"
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Elephant Walk Retreat"Ons was so teleurgestel in die houding van die personeel van die park oor die algemeen, veral by die Kruger Hek. Ons het ook besef dat die Safari voertuie wat die toeriste op 'n oprit neem werklik moet let dat hulle nie ure by een punt kan staan nie, gee almal 'n kans om te sien wat daar te sien is en die verkeer hoop so op dat dit later tot een verkeersopeenhoping lei."
"They do scare you a bit with their safety briefing but we felt perfectly safe and was nice to know that security was driving around."
"Marloth bly altyd 'n wenner as jy lief is vir die Laeveld se fauna en flora."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Adventurous and interesting. I love what I saw."
"Sommige paaie is nie heeltemal toeganklik vir 'n gewone motor nie. Verder het ons heel veilig en rustig gevoel. ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige natuur liefhebber. Dis so lekker om die diere om jou te sien."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Rock View Lodge"Nelspruit het baie toeristeplekke om te besoek en die omgewing en klimaat is baie lekker!"
"Die dorpie self is nie ongelooflik nie, maar is naby alles. God's Window, Lisbon Falls, Berlin Falls, Mac Mac Falls en 'pools', dagroetes, Pelgrimsrus, Hazyview (waar 'n mens 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite kan doen - tours and travel en oulike winkels), Bourke's Luck Potholes (ongelooflike ervaring) en ook binne 'n uur en 'n half van Hoedspruit en die Kruger."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Lieflike dorp, baie skoon, paaie in goeie toestand. Verblyf egter buitensporig duur in baie gevalle. Gastehuise behoort meer "upmarket" akkommodasie te bied vir eienaars met troeteldiere, bv. skoon en warm "kennels| waar diere veilig is as eienaars vir 'n dag wildtuin toe wil gaan."
"Graskop is die ideale plek om al die mooi watervalle en natuurtonele soos God's Window te besoek. "