Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 5990 resensies.
"Ons was daar vir my seun se sport, gerieflike dorp daarvoor en oulike skole. Maar ek sal nie daar gaan vakansie hou nie."
"Paaie is plek-plek baie sleg en sal met 'n lae kar moeilik gery kan word. Kragonderbrekings was baie."
"Het heerlik vakansie gehou. Besienswaardighede is besonders en duidelik aangedui. Na ons sewende besoek is dit steeds besonders."
"Graskop is deesdae 'n nes. Harrie's Pancakes is baie oulik maar omtrent die enigste plek wat mens nog kan besoek daar. By al die toeriste-attraksies soos bv God's Window en Mac Mac poele ens moet mens betaal maar die plekke word glad nie onderhou meer nie."
"Marloth Park is really close to the Kruger National Park which was ideal for us to undertake a day trip into the park. Just remember during long weekends and school holidays to pre-book your KNP visit on their website. Marloth Park has a lovely small, but adequate shopping centre that catered for all our needs. The animals in Marloth Park are really in abundace and something we really enjoyed. Closer to nature you surely will not get."
"Elke plekkie wat ons besoek het was 'n belewenis, net jammer dat 'n mens deesdae moet betaal om al die watervalle en die wonder van God se skepping in die natuur, te kan sien."
"Die park sal moet kyk na die water tekort, veral as die park volbespreek is tydens die besige seisoene."
"Always love Dullstroom - lots of character, natural beauty, quaint shops, etc."
"Hulle is besig om die paaie te teer sodat jy slaggatloos na die mooie natuurskoon kan gaan kyk."
"Easy to find with directions given. Close to Nelspruit. Very nice stay. So relaxing."
"Fantastiese plek vir 'n vinnige wegbreek! Soveel om te sien en te doen!"
"Veilige omgewing met baie wildlewe. Krokodilrivierhek na Krugerwildtuin is 15 min weg."
"Kan gerus bietjie meer doen aan die paaie. Selfs in 'n 4x4 skud jy jou babbelas los. Maar op die ou einde is dit tog 'n bosveldtrippie."
"Die waterpark en restaurant met ander winkels is 'n groot plus asook die baie diere wat vry rondloop. Die baie werkers en werksvoertuie en besige deurpad doen egter skade aan die rustigheid van die plek."