Geverifieerde Resensie

Sarah Baartman District

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3412 resensies.

Aberdeen, Sarah Baartman-distrik

Pagel House B&B

"Dit bly 'n stil plek wat goed is vir 'n reisiger wat plek soek om te rus. "

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Coega Lodge

"Top area especially if near the river mouth end. "

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Outsiders B&B

"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Doornberg Guest Farm

"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."

Somerset-Oos (KwaNojoli), Sarah Baartman-distrik

Glen Avon Farm

"There is a lot in Somerset East and this is a rural town steeped in history. However, with the current municipal management, as is the case in many others in the Eastern Cape, the town is not clean and the roads in the town leaves much to desire. Somerset East, you have what a lot of towns would wish for, get it in shape and be proud of the history and use it to the town's benefit. You have Battis, Piet Retief and many more, use it to be on the map!"

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

The Ibis Lounge

"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Bluewater Guest House

"Naby die groot plekke, maar ek het lekker daar gekuier."

Greater Addo, Sarah Baartman-distrik

Avoca River Cabins

"Die Olifantpark maak die area en dit moet besoek word."

Humewood, Sarah Baartman-distrik

Aqua Marine Guest House

"The place to be for a peaceful holiday destination."

Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik

Aquarius B&B

"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "

Port Alfred, Sarah Baartman-distrik

Sheilan House

"Beautiful town with a lot of outdoor activities. Adrenalin sea cruise is a must! "

Oesterbaai, Sarah Baartman-distrik

Oyster Bay Inn

"Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing."

Kirkwood, Sarah Baartman-distrik

Kronenhoff

"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

The Ibis Lounge

"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"

Aberdeen, Sarah Baartman-distrik

Aberdeen Self-Catering

"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."

Somerstrand, Sarah Baartman-distrik

Hobie Beach Guest House

"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Elke's Guesthouse

"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."

Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik

Houtgerus

"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "

Ferreira Town, Sarah Baartman-distrik

Waterkant 4A and 4B { 2} Separate Unites

"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."

Makhanda (Grahamstad), Sarah Baartman-distrik

Jenny's Guest House

"'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig."

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

84 on Himeville

"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "

Blad
Blad 103 - Wys 3061 tot 3090
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang