Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2152 reviews.
"Pennington kort so 1 of 2 wegneemeetplekke asook 'n vulstasie. Die OK was so-so, sy voorraad soms bietjie beperk, so 'n groter supermark sal ook nie skade doen nie, maar ek sal enige tyd weer Pennington as strand gebruik."
"Baie mense was baie siek oor die rioolprobleem in die area wat mense siek gemaak het. Ugu is pateties!"
"Ons het meer uit gery na plekke toe aangesien daar nie veel in Kingsburgh is nie maar a.g.v. die ligging is dit nie 'n probleem om uit te ry nie want dit is lekker sentraal."
"Die naaste dorp/brandstof/winkels en so aan is alles 3 minute se ry. Baie gerieflike ligging!"
"Uvongo se strand was heel week gesluit omdat die water te vuil was om in te swem. Die kraanwater is ook ondrinkbaar. Die munisipaliteit laat werklik sy toerisme bedryf in die steek."
"Ons geniet die stilte van Munster en veral om vroegoggend langs die strand te gaan stap. Die swemstrand het lewensredders wat jou gemoedsrus gee. Laagwater is elke keer 'n unike belewenis om dan verby die rotse oppad na Muster strand die poele vol vissies en ander see diertjies te besigtig."
"Typical of the KZN lower south coast, good in parts but short of quality restaurants. The few decent ones are usually fully booked."
"Fantastiese plek maar nie genoeg eetpkekke nie en die paaie is sleg van die slaggate."
"The town could do with an upgrade and municipality must invest in more tourist attractions."
"Ek gaan al jare Margate toe, want baie interessante dinge gebeur daar. Die strande is die beste en die winkels kom en gaan, maar probeer altyd aan die gang bly. Mense is vriendelik en gesels altyd lekker."