Geverifieerde Resensie

Southern Drakensberg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Southern Drakensberg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 336 resensies.

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Vat jou tyd! Dis bietjie uit die pad en neem nogals lank om daar uit te kom. So bestee ten minste 2 dae daar, sodat jy al die mooi en lekkerte kan inneem."

Kokstad, Suidelike Drakensberge

Fraaiuitsig Bed and Breakfast

"Ek was verbaas oor Kokstad - oral waar ons beweeg het was dit netjies en daar is moderne winkels en geriewe. Ek sal beslis weer die plek besoek."

Underberg, Suidelike Drakensberge

Cedar Garden

"Slegte paaie en slaggate."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Swallows Nest Chalet

"Interessante dorpie, hoewel ietwat verwaarloos. Mooi natuurskoon."

Underberg, Suidelike Drakensberge

Valley View Cottage

"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."

Underberg, Suidelike Drakensberge

Cedar Garden

"Die dorp se owerhede besef nie wat se juweel van 'n toeristebestemming Underberg is nie. Hulle moet daadwerklik 'n poging aanwend om die dorp op te knap."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Amanzi Empilo Bungalow

"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "

Himeville, Suidelike Drakensberge

KarMichael Farm

"Sani Pass is the attraction. Himeville, unfortunately, in my humble opinion, is slowly losing it's tourist attraction."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "

Underberg, Suidelike Drakensberge

Birches Cottage & Willows Garden Room

"Underberg die dorp bied nie veel nie, maar die rit op met die Sani pas was asemrowend en beslis die moeite werd."

Underberg, Suidelike Drakensberge

Pennygum Country Cottages

"Our first visit to Underberg and that part of the country. Next time our stay will be longer to see more of the area."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Swallows Nest Chalet

"Daar is baie om te doen in en om Rhodes."

Underberg, Suidelike Drakensberge

Pennygum Country Cottages

"Underberg is regtig `n spesiale juweel in ons land en hoop almal kry die geleentheid om die pragtige uitsigte te kan aanskou soon ons dit elke keer sien. Sal beslis weer so maak."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!"

Underberg, Suidelike Drakensberge

Rosemary @ Douglas Drift

"Underberg is nou een van ons gunsteling stopplekke. The Lemon Tree het ons bederf met middag/ aandete - heerlik. Die Spar was gerieflik net om die draai. Die mense vriendelik, die area ongelooflik mooi en sentraal met baie plaaslike 'plekkies' om te ontdek en baie om te doen. "

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Besonderse bestemming. Sal graag in die somer ook wil kom. "

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Rhodes Cottages- Cyriacus

"Rhodes moet deel vorm van elkeen se bucketlist! Rubicon se restuarant en gasvryheid, toeka restaurant en craft beer is 'n moet vir almal! Definitief weer deel wees van ons vakansieplanne! "

Underberg, Suidelike Drakensberge

Cedar Garden

"Bied min vir die gewone reisiger. Dit is egter by uitstek 'n bestemming vir bergfietsryers en stappers."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Die mense is baie vriendlik en behulpsaam. Ons het in die winter gaan kuier, maar ek dink die somer sal die beste tyd wees. Daar was 'n paar families van die Wes Rand in Johannesburg, wat 'n huis in Rhodes gehuur het vir 'n paar dae. Hulle sê die kinders geniet dit daar. Die dame by Walkabouts was so gesellig en vriendelik. Hulle pizza is yummy! "

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Kinmel Guest Farm

"Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places. "

Underberg, Suidelike Drakensberge

Rosemary @ Douglas Drift

"Love Underberg, if I won the lotto I'd move there."

Underberg, Suidelike Drakensberge

Meadow Lane Joy Cottage

"Sani is a must do - but play it safe and be sensible."

Rhodes, Suidelike Drakensberge

Amanzi Empilo Bungalow

"Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek."

Blad
Blad 10 - Wys 271 tot 300

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang