Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Graskop

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graskop bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 815 resensies.

Graskop

Mogodi Lodge

"Graskop is a friendly, small town which is a good starting/ending point for the panoramic route from/to Johannesburg and you can get delicious pancakes on the way."

Graskop

Kloofsig Holiday Cottages

"Hou baie van die dorp, besienswaardighede, ens."

Graskop

Panorama Chalets

"Graskop is 'n lieflike klein plekkie met baie doendinge, vriendelike mense en geleë in die mooiste omgewing. "

Graskop

Lisbon Eco Lodge

"Loved the town, you can spend a whole day there, the atmosphere is wonderful and there are so many places to eat out. The sight seeing in Graskop and surrounds is magical!"

Graskop

Mogodi Lodge

"Geen petrolstasie nie."

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Graskop het baie potensiaal en ek dink op 'n stadium was daar baie meer te sien en te doen in die dorp. Ongelukkig soos so baie ander toeristedorpe is dit besig om dood te bloei. Smouse is 'n groot bron van irritasie in die hoofstraat. Hulle pak die sypaadjie aan die eenkant van die straat toe en almal wil dieselfde goed aan jou verkoop. Hulle wil nie nee vir 'n antwoord vat nie, veral die wat neute verkoop. Ek hoop regtig Graskop se toerismeforum kan iets positief doen om die dorp weer "op die map" te kry, want dis 'n mooi dorp in 'n mooi omgewing. "

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Graskop is pragtig en sentraal en ideaal as 'n toeristebestemming. Die dame van die fotografie studio op die dorp moet meer advertensie kry want sy is gaaf en bied goeie afleiding met die fotossessies waar mens kan opdress in kostuums van jare gelede. Dit was baie fun!"

Graskop

Rustique

"Meer restaurante kan meer toeriste lok, miskien meer spesialiswinkels in die dorp."

Graskop

Wild Forest Inn

"House of glass. Best plek ooit. Sal beslis weer daar gaan eet, asook aan ander aanbeveel. 10 uit 10."

Graskop

Rustique

"Great tourist destination with a lot of attractions close to one another. "

Graskop

Blyde Chalets

"Nogal jammer dat so 'n mooi dorp op die afdraande pad is. Einde-van-die-maand-naweek en dit was duidelik verlate. Die kroeë en restaurante het amper geen besigheid gehad die twee beste aande van die maand nie. Baie, baie jammer want dit was altyd baie besig. "

Graskop

Panorama Chalets

"Graskop is lekker sentraal geleë en dus ideal vir 'n besoek aan die gewilde plekke in die area."

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Klein plekkie, maar aanvaarbaar vir 'n paar dae se verblyf."

Graskop

Monia

"Graskop, die dorpie self is pragtig - net jammer daar is geen Wimpy of Spur nie, gelukkig is Sabie nie te ver. Uitstekend geleë vir al die besienswaardighede in die omgewing."

Graskop

Rustique

"Nice to visit!"

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."

Graskop

Wild Forest Inn

"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."

Graskop

Mogodi Lodge

"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "

Graskop

Panorama Chalets

"Baie mooi omgewing."

Graskop

Panorama Chalets

"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."

Graskop

Rustique

"Graskop is a very small town. I would recommend staying there if you are going sightseeing for two days or so."

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Die dorpie self bied 'n paar oulike besienswaardighede, maar dis die omliggende omgewing wat ongelooflik baie opsies bied, van Pelgrimsrus tot die Kruger. Van Blyderivier Canyon af verby God's Window al die pad tot by al die watervalle rondom Sabie en die besienswaardighede rondom Hazyview en Witrivier. "

Graskop

Sheri's Lodge & Backpackers

"Graskop is 'n mooi plek met baie aktiwiteite vir die gesin. Baie uitputtend, maar die moeite werd. "

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Definitief een van die top plekke om te besoek in Mpumalanga!"

Graskop

Panorama Chalets

"A very tranquil town with wonderful people. Even the police are very nice. We were battling to take a picture of ourselves and one police officer parked his car, got out and offered to take a group photo of us ... that can only happen in Graskop!"

Graskop

Manna

"Peaceful and friendly place."

Graskop

Blue Swallow Chalets

"Love Graskop!"

Graskop

EBL Accommodation

"Baie vriendelike mense in die dorp. Baie plekke om te besoek en baie nuwe ding om te ervaar. Hierdie dorpie moet beslis deur elke persoon besoek word voor hy sy kop neerlê."

Graskop

Log Cabin & Settlers Village

"Graskop is a great base for a weekend (or week) of the best cycling in the country."

Blad
Blad 26 - Wys 751 tot 780
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem