Resensies van Kalahari

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.28 uit 5 gekry volgens 799 resensies.
Trudi S. - 6th September 2018
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Die Groen Kalahari is 'n juweel in Suid-Afrika se kroon en die gasvryheid en warm mense maak dit baie besonders.
Elaine S. - 6th September 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Slegs gebruik om te oornag.
Andries S. - 5th September 2018
staying in Kanoneiland, Kalahari
Die begraafplaas in haglike toestand. Die mense van die eiland se voorouers lê daar begrawe en niks word gedoen om dit netjies te hou nie. Grafstene word beskadig. Skande.
Andre V. - 5th September 2018
staying in Die Rand, Kalahari
Daar is baie om te sien en 'n mooi deel van ons land.
Johannes C. - 3rd September 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Dit sal baie beter wees as die rivier in vloed is.
Judy A. - 2nd September 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Het dit baie geniet.
Eugene V. - 29th August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
My ouers het lank op Kakamas gewoon en dus is dit vir my die beste plek in die Noord-Kaap.
Gerhardt O. - 29th August 2018
staying in Kanoneiland, Kalahari
Baie mooi op die Oranjerivier.
Peet P. - 28th August 2018
staying in Blydeville, Kalahari
Gastehuis op hoek van twee besige strate. Voertuie in die straat is die hele nag besig!
Andre V. - 28th August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Water! Wonderlik!
Nico J. - 28th August 2018
staying in Keimoes, Kalahari
Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word.
Amanda D. - 28th August 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Dis hartsmense en ons familie-bande daar staan sterk. Bitter lief vir die plek en sy bekoring en dis 'n tuiskoms soos min, elke keer wat ons daar is.
Pieter D. - 24th August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Augrabies is baie interessant en is die besoek werd. Ons het al die looppaadjies geneem en kon 'n mooi uitsig oor die waterval kry. Die diens by die ontvangs by die Oord was puik. Ons het geen probleme gehad nie.
Estelle H. - 22nd August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Die waterval, natuurlik, is die grootste trekpleister.
Pieter D. - 22nd August 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Kuruman as dorp kan baie doen om hulle as toeristebestemming te bemark. Die Oog bv. wat 'n groot toeristeaantreklikheid is of was, is baie verwaarloos en het oor die afgelope paar jaar baie agteruitgegaan. Die dorp behoort ook aandag te skenk aan straatnaamborde, wat omrent nêrens te siene was. Hier moes ons ons instink gebruik het om ons pad te vind.
Frederik C F. - 21st August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Diens by inligtingstoonbank vir betaling van toegang is uiters stadig.
Jenni V. - 17th August 2018
staying in Keimoes, Kalahari
Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie.
Janda A. - 16th August 2018
staying in Kanoneiland, Kalahari
'n Klein juweel op die Oranjerivier.
Christina C. - 16th August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Baie mooi plekke te sien.
Jc D. - 16th August 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Something to bear in mind is that the dinner service has limited hours on a Sunday. We were well in time and love our meal but for those who arrive later you may miss out on the delicious Sunday evening meal.
Leon S. - 12th August 2018
staying in Die Rand, Kalahari
Baie goeie ligging.
Amelia S. - 12th August 2018
staying in Die Rand, Kalahari
Rustig en baie mooi.
Mariska O. - 11th August 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Besoek gerus die Oranje Rivier Kelders.
Guy L. - 7th August 2018
staying in Keidebees, Kalahari
Hoofpad bietjie bedrywig met lorries in die nag. Bietjie moeilik om uit die lodge uit te kom in die hoofpad in, van die plante belemmer die sig van aankomende verkeer.
Wessel J. - 5th August 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Pragtige dorpie, maar te klein en warm vir kuier.
Rudi G. - 31st July 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Baie interessante omgewing. Sal graag weer wil besoek.
Hein E. - 30th July 2018
staying in Van Zylsrus, Kalahari
‘n Goeie stop ná of van Kgalagadi.
Antoinette G. - 27th July 2018
staying in Kathu, Kalahari
Mooi, skoon dorpie.
Ryno C. - 25th July 2018
staying in Upington, Kalahari
Good place.
Jd G. - 23rd July 2018
staying in Kalahari
Een van ons gunsteling streke.
Chrisna C. - 23rd July 2018
staying in Daniëlskuil, Kalahari
Daar is nie 'n Wimpy nie, neem 'n Bed en Ontbyt opsie.
Hesma S. - 18th July 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Beeldskone natuur.
Amanda D. - 18th July 2018
staying in Keidebees, Kalahari
Lekker omgewing.
Taai B. - 16th July 2018
staying in Augrabies, Kalahari
'n Moet stop om te sien.
Ren C. - 16th July 2018
staying in Upington, Kalahari
The area and town is clean, modern buildings, good streets and one does not feel unsafe, also in the evenings.
Lizette V. - 15th July 2018
staying in Upington, Kalahari
Ons wou graag op Sakkie se Arkie gevaar het wat ons op die TV program kyk.
Nd S. - 11th July 2018
staying in Kathu, Kalahari
Lekker plek!
Hendrik S. - 11th July 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë.
Marina L. - 10th July 2018
staying in Upington, Kalahari
Skoon, netjies, Afrikaans, vriendelik en sentraal om heelwat toeristebestemmings te kan besoek.
Ria V. - 10th July 2018
staying in Griekwastad, Kalahari
Wonderlike mense!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za