Resensies van Kalahari

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.28 uit 5 gekry volgens 800 resensies.
Zelda T. - 10th May 2018
staying in Kalahari
Wonderlike plek om te beleef.
Elsabe S. - 9th May 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Uitstekend.
Willem V. - 9th May 2018
staying in Keimoes, Kalahari
Dorp kan beter bemark word. Dele van die dorp is ook baie vuil. Daar sal ook gekyk moet word na veiligheid in die dorp.
Johanita S. - 9th May 2018
staying in Blydeville, Kalahari
Dit is baie veilig en baie sentraal.
Bertus V. - 7th May 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Lekkerste fees bygewoon. Regte tyd van jaar vir lekker klimaat is belangrik.
Adri C. - 6th May 2018
staying in Kalahari
'n Deel van my het agtergebly in die Kgalagadi! Dis 'n moet op elke natuurliefhebber se beleef-en-doen-lysie!
Santie S. - 6th May 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Baie mooi.
Etienne Beyers M. - 6th May 2018
staying in Kalahari
Vir seker iets vir die bucket list!
Alan K. - 5th May 2018
staying in Upington, Kalahari
Zeits Restaurant excellent! Warm friendly people!
Johan M. - 4th May 2018
staying in Keimoes, Kalahari
Was verbaas oor hoe groen en mooi dit daar is.
Hanli V. - 3rd May 2018
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Grootse area met perfekte weer, skoon lug, vriendelike mense en stilte.
Edwin T. - 30th April 2018
staying in Kuruman, Kalahari
I've not really gone around enough to make an informed decision.
Bonginkosi N. - 30th April 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Kuruman is a buzzing town despite it's size. Even though the language is different, it felt as if I was at home, the people are beautiful and very helpful. Enjoyed taking a stroll through town and appreciated the presence of SAPS.
Hennie L. - 26th April 2018
staying in Keimoes, Kalahari
Ons gebruik net as oorslaap met Kgalagadi as eindbestemming.
Celeste M. - 25th April 2018
staying in Van Zylsrus, Kalahari
Maak dit deel van jou bucketlist. Jy sal nooit spyt wees nie!
Thando M. - 23rd April 2018
staying in Upington, Kalahari
Nice, cool place.
Mark K. - 21st April 2018
staying in Blydeville, Kalahari
Rustige omgewing en naby die mall.
Maureen V. - 19th April 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Ons het die valle met al sy geriewe, die nagrut in park, die ontsaglike vriendelike mense in die park vreeslik geniet. Die gemeenskap met winkels, kelders ens. was kosbaar. Groen Kalahari was 'n groot voorreg.
Karen J. - 18th April 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Moet Augrabiese valle besoek, asook deur die dorpie ry.
Cobus V. - 18th April 2018
staying in Oosterville, Kalahari
Naby 'n winkelsentrum met baie winkel vir ma en dogter.
Willem O. - 17th April 2018
staying in Kalahari
As mens so lank in die Kalahari gewerk soos ek, dan bly die Kalahari in jou bloed.
Julina V. - 15th April 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Nie die veiligste plek nie.
Melanie R. - 11th April 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Onveilig in dorp, maar vriendelike mense en baie aangename Spur help nogal.
Angela B. - 11th April 2018
staying in Upington, Kalahari
Jou regtig van die dorp.
Yolanda K. - 11th April 2018
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Het net deur gery. Maar baie mooi foto opsies om in die omgewing te neem.
Basti V. - 10th April 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Dorp het baie agteruit gegaan vandat ek laas daar was. Baie jammer want dit is oulike dorp.
Stephaneze J. - 10th April 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Baie, besige klein dorpie.
Sarel H. - 8th April 2018
staying in Keimoes, Kalahari
Keimoes het baie besondere toeriste-besienswaardighede. Vir sommige daarvan moet jy maar bietjie moeite doen en rondvra. Die mense is baie vriendelik en vertel graag van hulle dorpie.
Ansie V. - 7th April 2018
staying in Oosterville, Kalahari
Aangename plek.
Danie B. - 4th April 2018
staying in Kalahari
Die lang afstande is die moeite werd. Die eenvoud van die lewe tref jou nogal. Wat maak ek in die stad, vra jy jouself gedurig.
Danie B. - 4th April 2018
staying in Middelpos, Kalahari
Goed geleë vir die reisiger maar ongelukkig is daar heelwat swaer vragmotors wat in die nag deur die buurt ry.
Armine S. - 3rd April 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Baie interessant.
Francois M. - 3rd April 2018
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Dis 'n pragtige omgewing wat verken moet word. Ritte tussen die landerye, besoek aan Augrabies waterval en Riemvasmaak is vol verrassings. Dorpe soos Upington en Keimoes vertoon netjies en interessant, maar Kakamasdorp is 'n teleurstelling. Ek sê dit nie maklik nie want ek het daar grootgeword. Die strate is vuil en vol slaggate en die hoofbegraafplaas is verniel en 'n weiplek vir die buurt se bokke en donkies. Die munisipaliteit behoort hom te skaam! Die toeristekantoor in die historiese transmatorgebou was nie eens oop oor 'n naweek toe die omgewing gewemel het van die toeriste nie.
Philda S. - 2nd April 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek.
Kobie C. - 2nd April 2018
staying in Kalahari
Die Kalahari is ‘n unieke deel van Suid-Africa waar waarlik rus en vrede gevind kan word.
Alf M. - 20th March 2018
staying in Kakamas, Kalahari
Close to Augrabies Falls.
Bruwer L. - 15th March 2018
staying in Kathu, Kalahari
Dorp is besig om te draai en weer besig te raak, besigheid tel goed op.
Attie D. - 13th March 2018
staying in Kuruman, Kalahari
Die Oog is 'n sterk aantrekking, maar dit is slordig versorg en die omheining is sodanig dat mens nie naby die water kan kom nie. Skep die indruk dat dit nie instand gehou word nie.
Attie D. - 13th March 2018
staying in Augrabies, Kalahari
Valle is pragtig en natuur is mooi.
Marina C. - 9th March 2018
staying in Blydeville, Kalahari
Blydeville is in die middel van die dorp en mens kan maklik van daar af enige plek in Upington bereik. Baie sentraal geleë. Die enigste is dat jy moet ry na toeriste aantreklikhede toe.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za