Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Lamberts Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"

Lambertsbaai

Lekke Ekke

"Plek-plek bietjie verwaarloos, veral by getypoel."

Lambertsbaai

Sybille Self-Catering Accommodation

"Goeie ligging om besoek te kan bring aan soveel ander omliggende dorpies."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Pragtige plek met heerlike eetplekke."

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Hier sou ek graag langer wou bly. Lambertsbaai verlaag beslis jou stresvlakke, haha!"

Lambertsbaai

Sybillestraat 36

"Must be a beautiful town to live in permenantly."

Lambertsbaai

Abalone Self-Catering

"Lambertsbaai 'n geskiedkundige juweel. Met behulp van die pamflette wat Theunette gereed het vir gaste kan jy waarlik teruggevoer word na die makliker tye. Daar is 'n museum met artikels van donkiejare terug en die mense in die gemeenskap is so vriendelik. Ons het oral gestap waar ons wil wees. En met al die lekker eetplekke het jy waarlik die loop nodig. As jy meer in natuur wil wees kan jy 'n rustige stappie op die hawe neem na Bird Island en voor die son sak kan jy uitkyk op duisende voëls wat oor die see sweef. Die kuier werd."

Lambertsbaai

Lamberts Bay Hotel

"Die dorp kan doen met 'n goeie skoonmaak."

Lambertsbaai

Xamarin Guest Farm

"'n Baie rustige kusdorp, maar dit het ook sy nadeel in dié dat daar geen winkels na-ure oop was waar ons proviand kon bekom nie. Aangesien dit midde-in die blommekyk-tyd was en Lambertsbaai in die middel van die blommeroete, was dit vreemd. Daar is egter 'n baie oulike restaurant (tussen 'n paar minder oulikes) wat deur oud-Pretorianers bedryf word waar heerlike, bekostigbare etes bestel kan word vir wegneem of daar eet."

Lambertsbaai

Captain's View

"Lambertsbaai is 'n baie mooi dorp en baie stil. Sal enige tyd weer gaan. Ek wonder of daar dalk 'n moontlikheid is dat hulle die grondpad vanaf Lambertsbaai na Vredendal kan teer, want ons moet baie ver om ry - Clanwilliam om. Ons sal dan dus baie besoek doen aan u dorp."

Lambertsbaai

Branders Accommodation

"Baie rustige omgewing."

Lambertsbaai

Lamberts Bay Hotel

"Mooi en skoon dorpie met baie vriendelike mense. Laat mens tuis voel en sal beslis weer besoek."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Altyd lekker. Almal moet ten minste een keer in Lambertsbaai oorbly. Maak beslis 'n draai by Isabellas in die hawe vir heerlike seekos."

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Rustigheid vanself. Ongerepte natuurskoon. Nog nie deur kommersiële ontwikkeling geskend nie. Hoop dit sal nog vir jare so wees."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Bird Island baie geniet."

Lambertsbaai

Lekke Ekke

"Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek."

Lambertsbaai

Bougain Villa

"Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Lambertsbaai is 'n interessante dorpie en die malgasse beslis 'n moet. SANP het moeite gedoen om die ervaring vir die publiek interessant te maak."

Lambertsbaai

Sybille Self-Catering Accommodation

"Very pretty and friendly town. Spectacular sunsets. Lovely beach."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Mooi stranddorpie, lekkerste eetplek - Issabella's."

Lambertsbaai

White Sands Guest House

"Ons het heerlik geslaap en het die uitstappie na die Bird Hide, wat die gasheer aanbeveel het, baie geniet. Dit was Sondag, so alles was toe en daar was nie veel om te doen nie."

Lambertsbaai

Sir Lambert's Guest House

"Muisbosskerm is 'n moet vir vakansiegangers. Was 'n belewenis wat ons nie sal vergeet nie. Is die bedrag werd."

Lambertsbaai

White Sands Guest House

"Hier moet mens beslis ook meer as een nag oorslaap. Daar is baie om te sien!"

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"See, sand .... net pragtig. Iets wat jy definitief moet ervaar. Skoonheid in eenvoud."

Lambertsbaai

Raston Guest House

"Daar gaan nie te veel aan nie, maar vir die persoon wat wil wegkom van alles en ver wil gaan loop op die bitter mooi lang strand is dit 'n goeie opsie. Dalk nie so 'n goeie opsie om tieners besig te hou nie. "

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Lekker wegbreekplek as mens soek na ontspanning."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Vir rus en kalmte baie lekker plek."

Lambertsbaai

White Sands Guest House

"Heerlike plek om te wees op 'n Saterdag."

Lambertsbaai

Sir Lambert's Guest House

"Baie oulik en 'n moet-sien plek. 'n Ete by Muisbosskerm is 'n moet."

Blad
Blad 39 - Wys 1141 tot 1170
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem