Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 2312 reviews.
"Tzaneen is 'n pragtige plek. Daar is die Asalea Tuine, die Modjatjie Woud met sy ongelooflike broodbome en dan die grootste kremetartboom. Die mooiste dorpie Haenertsburg moet besoek word. Sal lank daar kan deurbring. Skoon, netjiese omgewing."
"Daar is genoeg geriewe en plekke om te besoek wat dit die moeite werd sal maak. "
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
@Mabalingwe Leopards Haven - PRM032"Great service and environment."
"Modimolle: 'n regte bosvelddorpie (waar donkiekarretjies nog te sien is in die strate) met 'n egte plaasgemeenskap."
"We did not spend much time at all in the village, seeing as we drove around a lot. Would love to go back and spend some time exploring."
"Die dorp se ligging en gematigde winters maak dat dit heel jaar 'n aantreklike bestemming bly. Daar is alle geriewe insluitend hotelle, privaat mediese dienste en groot inkopiesentrums. "
"Naboom is die beste plek as jy rustigheid soek in die bos en die sterre weer wil wardeer."
"Skoon en netjiese dorp met baie vriendelike mense. Sal graag die plek weer besoek."
"Dit is 'n mooi dorp met winkels en besighede in oorvloed. Toeriste kry ook waarde vir geld."
"Baie interessante dorp maar geen pamflette wat toerisme kan lok na die gebied, bv Long Tom wat daar lê, winkels 'n bietjie min variety, eetplekke baie en netjies met goeie disse sal graag wil sien dat iemand 'n boekie of pamflet op verskeie prominente plekke sit wat die besoekers sal sien en gebruik. Dieselfde met Houtbosdorp."
"Jammer al die straatname is weg. GPS wou ook nie die gogga naam van 'n dorp sien nie."
"Makdado is goed geleë vir 'n deurry/ oornag vir bestemming na Botswane of Zimbabwe. Tyd was bietjie min om meer te ervaar van Makhado."
"Modimolle is klein genoeg om deur te gaan vir 'n plattelandse dorpie maar groot genoeg om in al die behoeftes te voorsien. Die diens is oral vriendelik. Die dorp is skoon en geleë in 'n pragtige bosveldomgewing. "
"Tony's Place is in Tolwe en dis 36 km ander kant Baltimore en Tolwe is regtig in die middle van die Bosveld waar jy regtig in die bosse is met slegs grondpad met donkiekarre."
"Gerieflik met alles wat nodig is vir 'n wegbreek van die besige stadsgeraas."