Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 2290 reviews.
"Ons het op 'n pragtige plaaslike "kuiergat" afgekom met die naam "Sashas Restaurant and Boma Pub" ... baie lekker kos en atmosfeer!"
"Magoebaskloof area is so mooi. Tzaneen ook pragtig. Sal gerus weer kom kuier."
"Die ding met Bela-Bela is dat dit naby is as jy in Johannesburg en Pretoria bly. Dis ongelooflik om te dink dat jy in bietjie meer as 'n uur sommer by jou vakansie bestemming kan uitkom en voel asof jy ver van die stad af is. Dis lekker rou bosveld. "
"Die dorpie is oulik met 'n goeie verskeidenheid van eetplekke. Goed vir 'n naweek."
"Baie mooi omgewing, lekker eetplekke en baie interessante winkeltjies maar die tuine en kwekerye in die omgewing was die hoogtepunt!"
"Tzaneen is 'n pragtige plek. Daar is die Asalea Tuine, die Modjatjie Woud met sy ongelooflike broodbome en dan die grootste kremetartboom. Die mooiste dorpie Haenertsburg moet besoek word. Sal lank daar kan deurbring. Skoon, netjiese omgewing."
"Daar is genoeg geriewe en plekke om te besoek wat dit die moeite werd sal maak. "
"Modimolle: 'n regte bosvelddorpie (waar donkiekarretjies nog te sien is in die strate) met 'n egte plaasgemeenskap."
"Die dorp se ligging en gematigde winters maak dat dit heel jaar 'n aantreklike bestemming bly. Daar is alle geriewe insluitend hotelle, privaat mediese dienste en groot inkopiesentrums. "
"Naboom is die beste plek as jy rustigheid soek in die bos en die sterre weer wil wardeer."
"Skoon en netjiese dorp met baie vriendelike mense. Sal graag die plek weer besoek."
"Dit is 'n mooi dorp met winkels en besighede in oorvloed. Toeriste kry ook waarde vir geld."