Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1901 resensies.
"Sal voorstel die ingange word strenger beheer en werker voetgangers beperk word tussen deur huise. "
"Ons geniet Marloth elke keer. Beslis een van ons gunsteling bestemmings."
"Aanbeveling. Vra vir 'n kaart van Marloth Park as jy 'n vreemdeling is. Verdwaal maklik tussen klein grond paadtjies en bosse wat almal eenders lyk!"
"Die ideale plek om die natuur te geniet en te ontspan. Dit was 'n goeie wegbreek van die stad se geraas. Die algemene diens by Marloth Park se ingang was baie goed."
"Ek dink Marloth is die ideale wegbreekplek. Ons het grond daar en besluit nou om te gaan bou."
"Marloth Park is beslis 'n bestemming vir bosliefhebbers. Die winkels het alles wat jy nodig het en pryse is billik."
"Die park is gerieflik in die sin dat jy kan rondloop en al langs die heining die diere in die Wildtuin kan besigtig. Die instandhouding van die paaie is na ons mening nie goed nie: veral by die tweede ingang na die winkelsentrum. 'n Goeie skraap sal verhoed dat jy jou kar menigmale onder stamp. Verder die afwesigheid van 'n kaart, maak die volle benutting van die park 'n mors aangesien ons nie bewus was dat daar 'n privaat wildskamp is waar leeus ens. aangehou word nie (of so hoor ons). Die rondsit van werkers wat stukwerk soek, is nie 'n gerustellende faktor nie. Dit maak my glo dat daar weinig sekuriteit toegepas word. "
"Marloth Park is 'n rustige omgewing waar mens die natuur kan geniet en selfs 'n bietjie gaan stap of fietsry in 'n veilige omgewing. "
"Baie rustige plek om te kuier, dis net die winkeltjies binne Marloth Park wat baie, baie duur is."
"Die eetplekke is baie duur. Daar is nie genoeg eetplekke nie. Die padaanwysings kan aansienlik verbeter. As toeristebestemming sou ek voorstel dat mense eerder binne in die Kruger wildtuin bly, anders gaan jy nooit kan ingaan nie. Ons het Malalane en Crocodile hek probeer 06:00 die oggend en dit was vol, en al die dag besoekers was weg gewys. So ons moes Numbi toe ry, wat 2 ure se ry is van Marloth park. Ons kom van Pretoria af so dit maak nie sin om 5 ure te ry, net om 2 ure terug te ry om te kan ingaan by die Kruger Wildtuin nie."
"Marloth Park is nie vir my/ons `n bestemming of net `n plek nie, dit is `n ervaring. As jy nog nie daar was nie, maak `n plan, sit dit op jou 'bucket-list, mits jy van die natuur hou."
"Beveel dit aan vir enige iemand, lekker rustige plek en goedkoper as Kruger wildtuin."
"Te oordeel aan die baie sekuriteitsmaatskappye en -motors vermoed ek dat sekuriteit 'n probleem mag wees. Ek het egter baie veilig gevoel by Doringpoort."
"it a beautiful relaxing area, I enjoyed keep up this standard my partner is also extremely happy."
"Dis die ideale plek vir die reisiger wat die wildtuin wil besoek en nie in die parke self wil bly nie. Uitkykpunte teen die rivier is asemrowend en die meeste diere kan daarvandaan gesien word reg op jou voorstoep."
"Lekker naby Krokodilbrug hek van Kruger Park. Geniet die wild wat tussen huise rond beweeg. "
"Straat name kan na gekyk word. Soms verwarrend."
"Lekker diere gekyk. Besighede regtig baie goed."
"Die winkel in die 'dorp' se personeel was nie baie behulpsaam nie en items was verkeerd geprys."
"Heerlike atmosfeer. Voel of ons deel van die wildernis was. Veral met die diere wat sommer besoek terwyl ons in die swembad ontspan. Die mense was almal vriendelik en behulpsaam en laat mens sommer deel van die gemeenskap voel. Indien daar enigsins iets was om oor te kla, dan was dit miskien die toestand van sekere van die grondpaaie. Die winkels in die park voorsien ook in meeste van dit wat nodig is vir die verblyf hier. "