Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6062 resensies.
"Loads to do for the adventurer, nature lover and family, all within reach, without foregoing urban pleasures."
"Lieflike omgewing met hope om te sien en doen. Die aanwysing is egter soms verwarrend. Die bergpasse is per geleentheid senutergend aangesien motoriste hulle nie aan die spoedgrens, digte mis of verbysteek voor skerp draaie steur nie."
"Restaurant Amazing Kruger River View het ons verwagtinge oortref. 'n Heerlike seekos-bord met goeie diens."
"Lovely restaurant in Marloth called "Amazing Kruger View". Sometimes predictors enter the park so be vigilant when walking."
"Pragtige dorpie waar mens onmiddellik tuis voel en maklik sal kan kom nesskop."
"Dullstroom is 'n great bestemming, die dorp is vol geprop met whiskey, bier en kaas besighede, alles maklik te vinde en daars baie om te doen in die omliggende area."
"Sabie is 'n pragtige dorpie en is sentraal geleë tussen verskeie besienswaardighede. Dis 'n ideale dorp om oor te slaap vir toeriste."
"Die droogte, watertekort en die onveiligheid van die dorp as geheel is 'n bekommernis vir iemand wat 'n besonderse boservaring beplan. Die grondpaadjies word nie instand gehou nie. 'n Gewone motor kan nie meer al langs die Krokodilrivier ry nie."
"Riool 'n probleem, paaie glad nie in goeie toestand nie. Sommige dele nie baie skoon nie - rommel."
"Daar is tonne om te doen en om elke draai is 'n pragtige uitsig. Mens sal maande hier kan besig bly om al die besienswaardighede te sien en al die aktiwiteite te doen. Meeste van die aktiwiteite is ook vriendelik op 'n mens se sak, wat genoeg speling los om te 'splurge' op die duurder aktiwiteite, soos die 'Big Swing'."