Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
"Sou net beter aanwysings verkies na die watervalle en meer toeganklikheid asb."
"Ons moes vroeër die jaar ons wegbreek kanselleer omdat Dullstroom nie water gehad het nie en was baie gelukkig om tog nog in die jaar Dullstroom te kon besoek. Dis 'n baie klein dorpie met goeie kunsgalerye vir dié wat van kuns hou. Daar is nie te veel attraksies nie en dis baie spesifiek soos bv. of kuns of hengel. Ons wou wel die Parkrun gaan doen het by Dullstroom se dam. Let wel die pad na die dam is nogal sleg, kort afstand, maar gewone karre kry maar seer. Dullstroom se restaurante is nogal lekker. So 'n kuier in Dullstroom is beslis 'n eet en kuier naweek. Mayfly het baie lekker burgers en pizzas en is glad nie sleg geprys nie. Dit was eintlik meer billik as die gemiddelde restaurante in Pretoria. Ons het ook by Pickles and Things gaan eet, maar hier is die pryse so bietjie hoër. Die lamspastei was besonders, maar mens betaal wel so bietjie meer om hier te eet. Die restaurant het wel nogal 'n lekker gevoel in die aande. Die dorpie raak maar verlate en stil in die aande en is wel lekker bedrywig deur die dag. "
"Ons geniet Marloth Park verskriklik en is gereelde besoekers aangesien ons in Mpumalanga woon. "
"Dullstroom is a very interesting little town. You definitely realise right away that you aren't in the big city anymore. People are very friendly, there is a wide variety of little shops to browse, plenty of restaurants, and loads of outdoor activities like visiting the Birds of Prey Rehabilitation Center or going for a hike. "
"Marloth is a wonderful holiday-style town in the bush. A great place to use as a base to explore the Kruger Park and surrounding areas from."
"Marlothpark is die ideale bestemming. Ek wens ons kon langer tuisgaan om van die aktiwiteite soos die hiking trials te doen. Die winkels is so gerieflik en almal is so vriendelik. Sy ligging so naby die Kruger maak dit ideaal. "
"Netjiese dorpie. Gerieflike inkopiesentrum in die dorp met al die nodige winkels."
"Baie mooi omgewing, maar dorpie is baie klein en daar is nie baie opsies as dit by uiteet kom nie. "
"The people of the town are very friendly and helpful and hats off to them all for keeping the towns character and history alive."
"We just love the shops and wandering around the town. Mrs Simpsons for a meal is a real treat and definitely worth a visit."
"Baie mooi en rustige plekkie. Het die perde en staproetes (veral die Waterval) baie geniet."
"Definitief asemrowende natuurtonele, watervalle en natuurwonders, iets wat elkeen beslis moet gaan besigtig! Hier vind jy weer jou siel tussen al die rye en rye pragtige plantasies en watervalle."