Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
"Oor die dorp self kan ons nie kommentaar lewer nie, maar die omliggende plase is pragtig en rustig."
"Refreshing, affordable, economical, beautiful nature and strategically location. "
"Desember is baie besig en veral vanaf die 22ste raak dit te dol vir ons, maar dit was lieflik groen en ons het 'n groot verskeidenheid wild gesien. Dit bly maar 'n fantastiese plek om naby die natuur te kom. "
"Marloth Park is a mini Kruger, where sometimes it isn't even necessary to go into the Kruger. We absolutely love going to our Kruger home."
"Wonderlike plek met klomp natuurlike juwele. Baie lekker geswem in die rotspoele en baie mooi staproetes."
"Besige toeriste-dorpie. Vreeslike baie om te doen. Moet nie na die mall gaan nie vieslik vuil en baie vol mense, kon skaars geloop het."
"In Dullstroom vind jy jouself. Die rustigheid en die mense wat daar bly laat jou altyd welkom voel. Sal definitief weer teruggaan, sonder om twee keer te dink. Dullstroom is definitief 'n vakansie-, sielvinding-bestemming."
"Lekker naby die wildtuin, 8 km vanaf naaste hek Pabeni en 40 km vanaf Krugerhek. Baie lekker goedjies om te doen in die omgewing. "
"Puik geleë vir dag besoek aan Krugerwildtuin. Bespreek 'n eenheid met lugversorger! Marloth raak 38 to 43 grade in die somertyd."
"Redelik sentraal, ons het die Krugerwildtuin, Hazyview Zipline en Dullstroom se Dunkeld country and equestrian estate en Nelspruit besoek."
"Die winkels was goed toegerus met alles wat ons nodig gehad het. Meeste van die kassiere en winkel-eienaars was baie vriendelik en behulpsaam. Die Bos (ou watergat) restaurant se pryse was redelik, en as jy bo by die dek sit, is die diens baie goed. Ongelukkig word jy nie bedien as jy onder sit nie, wat nie 'n probleem sou wees nie, maar ons kos het in tussenposes van 10 minute elk uitgekom (party was klaar geëet, toe wag die ander nog vir hul kos) Ons moes ook 3 keer vra vir eetgerei en het later maar ons kos met ons hande begin eet. Ek verstaan nie hoekom daar nie kelners is vir die tafels onder die dek nie? Dis tog deel van die restaurant. Sal nie weer teruggaan soontoe nie. Die swembad was heerlik en bekostigbaar. Die waterpark se pryse is te duur vir wat jy kry. Ons het Marlothpark geniet, behalwe vir die vreeslike hitte! En ons sal baie graag weer wil terugkom. "
"Die paaie is in 'n baie slegte kondisie met baie slaggate. Onthou om kontant te hê vir watervalle en ander besienswaardighede. Dra ten alle tye veiligheidsgordel hulle boet jou selfs al is jy in die parkeerarea. "
"Dis die mees eksotiese plekkie om vakansie te hou, mits jy 'n skoon plekkie het om te slaap."