Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6186 resensies.
"Ons het die diere geniet, die rustigheid. Sal definitief weer gaan. Sal Marlothpark aanbeveel as jy die Krugerwildtuin ook wil besoek."
"Bethal and surrounding areas was a big surprise to us. Everything was clean and seemed as if it is well maintained. Beautiful area."
"Wees versigtig om nie vas te val in die hoofstraat-manie nie. Daar's wonderlike restaurante en oulike dinge om te aanskou net af van die hoofstraat af. "
"Daar is nie veel vir toeriste nie. Dis die ideale plek vir sommer net wegbreek en natuurlik genoeg ruimte vir byeenkomste. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Mense wat wil besig wees gaan dit nie geniet nie. Dis 'n plek vir ontspanning en net mens wees."
Mjejane Game Reserve, Mpumalanga
Ebony House - Mjejane Game Reserve"Mjejane is 'n pragtige wildreservaat - ons het leeus, renosters, olifante, kameelperde, zebras, verskillende bokkies - alles gesien op pad na ons verblyf. Ons sal definitief al ons wildtuinvakansies in Mjejane wildreservaat hou! Dis veilig, almal is so vriendelik en skoon."
"Mpumalanga has so many hidden escapes and little gem towns, it's definitely a must visit in SA."
"Marlothpark was nog altyd vir my 'n rustige bestemming waar mens net kan ontspan. Ek wil ook net noem dat die sekuriteit in die park van uitstekende gehalte is en dadelik beskikbaar is vir enige insidente. "
"Sou net beter aanwysings verkies na die watervalle en meer toeganklikheid asb."
"Ons moes vroeër die jaar ons wegbreek kanselleer omdat Dullstroom nie water gehad het nie en was baie gelukkig om tog nog in die jaar Dullstroom te kon besoek. Dis 'n baie klein dorpie met goeie kunsgalerye vir dié wat van kuns hou. Daar is nie te veel attraksies nie en dis baie spesifiek soos bv. of kuns of hengel. Ons wou wel die Parkrun gaan doen het by Dullstroom se dam. Let wel die pad na die dam is nogal sleg, kort afstand, maar gewone karre kry maar seer. Dullstroom se restaurante is nogal lekker. So 'n kuier in Dullstroom is beslis 'n eet en kuier naweek. Mayfly het baie lekker burgers en pizzas en is glad nie sleg geprys nie. Dit was eintlik meer billik as die gemiddelde restaurante in Pretoria. Ons het ook by Pickles and Things gaan eet, maar hier is die pryse so bietjie hoër. Die lamspastei was besonders, maar mens betaal wel so bietjie meer om hier te eet. Die restaurant het wel nogal 'n lekker gevoel in die aande. Die dorpie raak maar verlate en stil in die aande en is wel lekker bedrywig deur die dag. "
"Ons geniet Marloth Park verskriklik en is gereelde besoekers aangesien ons in Mpumalanga woon. "
"Dullstroom is a very interesting little town. You definitely realise right away that you aren't in the big city anymore. People are very friendly, there is a wide variety of little shops to browse, plenty of restaurants, and loads of outdoor activities like visiting the Birds of Prey Rehabilitation Center or going for a hike. "
"Marloth is a wonderful holiday-style town in the bush. A great place to use as a base to explore the Kruger Park and surrounding areas from."