Geverifieerde Resensie
Elephant Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elephant Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 832 resensies.
"Die dorpie het vir ons baie agteruit gegaan vanaf ons 2 jaar terug daar deur gery het, die paaie is in slegte toestand. Baie trokke op die pad, maar dit is maar ongelukkig deel van ons lewe deesdae, meer trokke en minder treine. Verder baie mooi area, bid vir reën vir hulle want dit is baie droog."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Flamboyant 17"Baie lekker weer en area om maklik vir drie weke weg te breek. Baie om te sien en doen. Cape Vidal is net 'n klipgooi ver, asook iSimangaliso."
"Die dorpie het 'n eg Afrika-atmosfeer. Die dam was egter net 27% vol. Langs die pad stilgehou vir foto's. Pragtige panoramas. Ons wil beslis weer Rosegarden en Pongolapoortdam besoek na die reënseisoen. Dit was 'n besonderse ervaring !"
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Flamboyant 7"Asemrowend mooi. 'n Besoek aan die Isimagaliso vleilande is 'n moet."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Flamboyant 10"Klein vakansiedorpie. Moet die natuurreservaat gaan verken as jy in die area is. "
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Villa Mia 12"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Villa Mia 12"A lovely, clean town, definitely a place to visit again. No church?"
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Gerda's Place"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Villa Mia 12"Croc & Hippo Tours is 'n moet, en 'n dag spandeer op die strand in Cape Vidal."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Flamboyant 10"Pragtige plek as jy lief is vir die natuur en vir diere en hou van rustigheid."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Tree Top Village @ Urban Glamping"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Flamboyant 17"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Tree Top Village @ Urban Glamping"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Flamboyant 7"Must stay for a minimum of 4 nights stay to get to visit all attractions. "
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Oppi Rotse"Ons geniet St Lucia baie, die natuur is pragtig en so ook is dit skoon en netjies, dankie."
St. Lucia-riviermonding, Olifantkus
Forest Lodge"Ons is vreeslik lief vir die bestemming, en het al vantevore ook hierso besoek. Daar is vreeslik baie lekker uitstappies en mens behoort hier te besoek vir ten minste 4 dae om als te ervaar."
"Sodwanabaai is een van die beste vakansiedorpe wat daar is en dit is steeds baie lekker om soontoe te gaan. Sodwana Bay Lodge se restaurant en Spa kan ons aanbeveel. Restaurante buite in die dorpie is net so goed, veral The Lighthouse. Sodwanabaai sal altyd in harte wees en ons sal beslis weer besoek. Dis 'n juweel op sy eie en iets wat mens self moet ervaar om te besef hoe mooi en ongerep die omgewing is. Die toilette naby Sodwanabaai se strand en Coral Reef Beach Shop is netjies. Die ander naby die hoofstrand kan bietjie opgeknap word."