Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1068 resensies.
"Al die gidse was uitstekend, vanaf Cango Wildlife Ranch, deur Cango Ostrich farm tot by Kango Grotte. Oudtshoorn het die toerisme gees - Kaapstad kan gerus bietjie leer by hulle."
"Lekker plattelandse omgewing met baie aktiwiteite om te doen as gesin, goeie keuse van restaurante."
"Dit is 'n baie rustig plek waar 'n mens nou die natuur kan waardeer en geniet. "
"Die dorp het dadelik ons harte gesteel en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Mense is vriendelik en behulpsaam en dorp is silwer skoon. Wat 'n plesier!"
"Dorp is netjies en baie sentraal geleë. Om regtig waarde vir jou geld te kry sal 'n twee weke verblyf te kort wees want daar is so baie om te sien vir almal. Van historiese gedenkwaardighede tot eetplekkies ens. ens. ens. Ek sal weer 'n draai in Oudtshoorn maak."
"Daar is baie om te doen en daar is oulike plaaslike restaurante om by te eet. Die dorp is ook baie skoon en netjies."
"Oudtshoorn is die perfekte bestemming vir families met klein kinders. Ons was veral beïndruk met die natuurskoon en variasie van aktiwiteite in en om Oudtshoorn. Ons wou bietjie wegkom van die bekende vakansie dorpe en stede, en Oudtshoorn was 'n baie goeie keuse. "
"Al die besighede was beskikbaar en het al die voorraad gehad wat ons benodig het. Dankie vir 'n wonderlike vakansie! Ons sien weer."
"Lieflik! Die kerk is fantasties! Die Kangogrotte was so 'n spesiale ervaring vir ons tieners! Wens ons kon langer bly!"
"Daar is baie om te sien en doen, maar die somerhitte is erg. Liewers herfs of lente vir my volgende keer."
"For people interested in the old feather palaces and stone houses it's the best."