Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6501 resensies.
"Rustige, skoon kusdorpie, heerlike stappaadjies langs die see, baie lekker vis geëet by Moltenos-restaurant."
"Hermanus was nog altyd vir my n hoogtepunt! Lief vir die mooi natuur, berge en staproetes asook goeie restaurante en wyn!"
"Vir 'n stil, rustige buite-seisoen see-vakansie, met wonderlike seekosrestaurante, is Gansbaai ideaal. In seisoen baie besig, maar daar is baie mense wat dit so verkies. Hermanus is ook naby, en die pad tussen Stanford en Hermanus is nou klaar en te wonderlik vir woorde. 'n Omgewing met werklik baie om te sien en te doen."
"Sjoe, dis 'n pragtige vissersdorp wat vinnig besig is om uit te brei en die feit dat dit die suidelike punt van Afrika is is indrukwekkend. Die 2 oseane wat daar bymekaarkom is 'n moet sien!"
"Gansbaai gaan oor die white shark cage diving, nie veel ander goed om te sien of doen. Kon nie die grotte besoek want my gesondheid laat dit nie toe nie. Stanford was fantasties! En die rivierbootrit sal ek vir enige een aan beveel. Vreeslik baie geniet."
"Vir diegene wat nie wil haaihokduik nie, blyk Gansbaai nie baie ingestel te wees op toeriste nie. Die dorpie is baie sout-van-die-aarde, maar daar is heelwat lekker eetplekke en al die geriewe soos OTM's, vulstasies en winkels sodat jy nie hoef te sukkel om enigiets in die hande te kry nie. Vir onopgesmukte mense is dit 'n lekker dorp vir 'n vakansie. Vir mense wat bietjie neus-in-die-lug is, bespreek eerder in Hermanus."
"Alles lyk mooi skoon. Ligging ook goed, net baie wind natuurlik, alles ok."
"Sadly there was no "walking in the fynbos" due to the damage done by the fire. However no one can be blamed for that."
"Parkering is 'n probleem in die dorp by die klein winkeltjies en by die eetplekke by die see, veral as jy 'n waentjie sleep en as jy iemand het met 'n rolstoel."