Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 390 resensies.
"Goeie waarde vir geld en rustig buite seisoen. Uvongo was mooi skoon, maar jammerte met die baie probleme met besoedeling water wat toerisme dood sal draf as nie aandag gegee word nie. "
"A pity that Uvongo now has a dowdy appearance principally due to lack of maintenance of municipal services - roads, pavement, buildings etc."
"Baie oulike kusdorpie met baie gerieflike strand en pas opgeknapte peer (Desember 2017) vir die vissermanne!"
"Ek dink die swemstand is baie klein en daar is nie stap geleentheid op die strand nie."
"Close to Shelly Beach and Margate and easily accessible from Highway. Good Police presence in area and enough car guards when you are at any of the beaches. Nice friendly Spar. German Restaurant at St Michael's worth visiting - good service and food and reasonably priced. Toilets on Beach need attention if you compare this with Marina Beach. "
"Ongelukkig kon ons nie op die oomblik enige tyd van die dag by Uvongo strand swem nie agv storms vroeër die jaar."
"Ek was ongelukkig dat daar nie 'n strand is waar jy op die sand kan loop of sit nie."
"Uvongo was by verre die lekkerste vakansie plek ooit, ons was al by al die omliggende strande en dorpies maar Uvongo se strand was vir ons nog die lekkerste, dit was baie besig maar dit was baie lekker."
"'n Positiewe punt: die natuur is pragtig en groen. Dit was 'n lushof vir die oog. Al die inkopiesentrums is baie naby aan Laguna en maak die verblyf ook gemaklik."
"Te veel om oor te praat, hierdie spasie is beslis te klein om alles op te noem, net een woord sal alles opsom: onvergeetlik!"
"Een van die beste strande vir die vissermanne. Altyd 'n plekkie om lyne nat te maak."
"Gaan geniet die skoon strand, baljaar in die branders, 'paddle' e' kano in die strandmeer."
"Uvongo is nog altyd 'n lekker vakansiebestemming gewees en ons voel steeds dieselfde oor die Suidkus."