Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Victoria West

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Victoria West bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 468 resensies.

Victoria-Wes

Rest-A-While

"Moet miskien daar regtig stop en kyk, maar vir 40 jaar ry ons altyd deur en is die eerste keer wat ons daar slaap."

Victoria-Wes

Son & Sekel Maan

"Peaceful place for an overnight stay."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Interessante ou Karoodorp!"

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Netjiese en skoon dorp."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Victoria-Wes is 'n charming klein dorpie met veel te sien - die kerk wat Kersmusiek gespeel het in die oggend en aand was 'n hoogtepunt om ons in die vakansieluim te kry. Die Anglikaanse kerk het 'n mooi storie agter hulle loodglas vensters en die Apollo Teater se art deco styl kan net bewonder word. Daar is ook staproetes in die reservaat. En natuurlik 'n lekker restaurant vir die wat honger is en nie wil kook nie! "

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"I rate it as excellent but only because we stayed at Moonlight Manor. All the shops were closed when we got there, so it made it a little bit uncomfortable."

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Nie veel van Victoria West gesien nie. Straat op pad na gastehuis lyk bietjie neerslagtig, maar die gastehuis 'n gawe verassing. Sal moeite doen om weer daar oor te bly."

Victoria-Wes

De Oude Scholen

"Baie mooi plek en puik diens."

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Skoon, net 'n verby-ry dorp."

Victoria-Wes

Victoria's Pride

"Het nie kans gehad om die dorp te verken nie, maar kan die Merino Restaurant ook aanbeveel."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Die arme dorpie het so baie wat hy kan bied, maar dit was 'n baie groot teleurstelling dat die munisipaliteit veroorsaak het dat die onstabiele watertoevoer inwoners se lewens en besoekers se ervaring so negatief beïnvloed. As jy gelukkig is, is daar water, anders nie. So hou maar in gedagte indien jy die dorp besoek. Die restaurant, Ka'Roux, wat ons besoek het, het ongelukkig ook baie om te leer i.t.v. beplanning, en om seker te maak hulle help nie eerder 'n hele restaurant se mense voor hulle 'n tafel van 6 oor 'n uur laat sit en wag voor hule enigsins daaraan begin dink om hulle voorgereg mee te begin nie. Die kos se kwaliteit was wel baie goed en van 'n hoe standaard, al moes ons die kombuis en kelners konstant herinner om nie van ons te vergeet nie. Teen daai menu pryse kan hulle vir seker baie beter, slimmer diens ook lewer."

Victoria-Wes

Merino Junction

"Unfortunately the town was a disappointment. The streets were strewn with litter, the cemetery especially is a disgrace with some graves having been vandalized and others having sunk into sinkholes, most buildings are not being maintained properly and there is very little to do in the form of entertainment. The extreme drought and heat add to an air of shabbiness. Some of the residents we spoke to were however, very friendly and colourful characters. It is such a pity to witness the decline of this small town but hats off to a few individuals who are doing their best to bring about improvements."

Victoria-Wes

The Hudson Guesthouse & Suites

"Oulike Karoo-dorp. Reisigers moet meer afdraai, indraai en sodoende iets van die Karoo leefstyl ervaar."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"As ek die dag wegloop uit die "rat race" sal ek Victoria-Wes toe gaan."

Victoria-Wes

Die Pophuis Hoekie

"Baie mooi rustige dorpie. "

Victoria-Wes

The Stable

"It wasn't a destination but a stop over, and it was perfect for what we needed."

Victoria-Wes

Tuis Huis

"Oulike plek, vriendelike mense."

Victoria-Wes

Chanmari Accommodation

"Weet regtig nie wat Victoria-Wes aanbied nie. Dit was vir my net 'n oornagpunt."

Victoria-Wes

The Hudson Guesthouse & Suites

"Mense was vriendelik. Ons het heerlik geëet by die Merino Restaurant."

Victoria-Wes

Karoo Koelte B&B

"Op 'n Sondagmiddag is alles toe, tot die Spar. Pragtige ou geboue in hoofstraat."

Victoria-Wes

Die Pophuis Hoekie

"Ons was ook by die museum en was verstom oor hoe skoon die dorp is. Die winkels maak wel vroeg toe en daar is net 'n algemene koerantjie, ander koerante is nie beskikbaar nie. Agv die afstande is dit te verstane."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Eetplekke is uiters beperk."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"

Victoria-Wes

The Stable

"Nie werklik lank vertoef en in die dorp rondgeloop nie omdat dit bitter koud daar was!"

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Weet nie so lekker van 'n toeristebestemming nie."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Wonderlike ou dorp met baie karakter - beveel aan vir enige persoon met liefde vir die Karoo."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Rustig en veilige omgewing."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Besoek gerus die Karoo Yard, baie hartlike ontvangs en Springbok "hamburgers"."

Blad
Blad 13 - Wys 361 tot 390
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem