Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Victoria West

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Victoria West bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 468 resensies.

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Wat 'n verandering van pas. "

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Regte plattelandse dorpie."

Victoria-Wes

De Oude Scholen

"Die resturant was voldoende, maar na 18:00 is dit maar 'n probleem om iets te koop in die dorp. Ons het ongelukkig net die dorp in die donker gesien."

Victoria-Wes

The Hudson Guesthouse & Suites

"Pragtige plekkie, wens ons kon langer daar bly om die hele dorpie te beleef - baie rustig en stil oor 'n langnaweek."

Victoria-Wes

Die Pophuis Hoekie

"Pragtige dorpie! Onthou net dat die restaurant in die dorpie toe is op 'n Sondag."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Ek dink ek sal maklik daar kan bly, baie rustig. Dit is 'n pragtige plattelandse plekkie."

Victoria-Wes

Die Pophuis Hoekie

"Victoria Wes is die perfekte rusplek tussen die noorde en die suide: rustige Karoodorp met die blouste lug bedags en die pragtige sterrehemel saans. Hier moet mens eintlik langer as net een aand oorbly."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Pragtige dorpie wat ons graag verder sal wil verken."

Victoria-Wes

The Stable

"Groot verbetering die afgelope jaar of twee. Besoek verseker die NG Kerk asook die museum."

Victoria-Wes

Merino Junction

"Wonderlike dorpie met hartlike mense."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Surprisingly beautiful and historic. Lovely little town."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Wanneer mens deur Victoria Wes reis, besef mens glad nie dat dit eintlik 'n pragtige dorpie is nie. Ons sou bitter graag nog 'n bietjie langer wou vertoef om die dorpie verder te verken. Ons was aangenaam verras."

Victoria-Wes

The Hudson Guesthouse & Suites

"Enige iemand kan gerus daar oornag. "

Victoria-Wes

De Oude Scholen

"Hulle kan gerus die strate teer. Dit kan net goed wees vir die dorp en die toeriste."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Mooi dorpie, vriendelike mense."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Pragtige dorpie met sy grondpaaie. Ek 'love' dit!"

Victoria-Wes

Victoria's Pride

"Het net deurgery en in Victoria West oornag. Ek was baie beindruk met die verligte kruis op die koppie by die dorp."

Victoria-Wes

Victoria's Pride

"Die dorpie het my hart gesteel met sy rustigheid."

Victoria-Wes

Victoria's Pride

"Uitstekende waarde vir geld!"

Victoria-Wes

Merino Junction

"Dit lyk wel of daar moeite gemaak word om die geboue in die dorp op te knap. In sekere dele van die dorp en net buite Victoria-Wes is dit egter ongelooflik vuil met vullis wat die hele wêreld vol gestrooi lê."

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Die dorpie is 'n goeie oornagbestemming op jou reis Kaap toe en die mense doen moeite om hul dorpie skoon en mooi te maak. "

Victoria-Wes

The Stable

"'n Tipiese Karoodorpie. Gasvrye mense. Ons was ook geseend met 'n heerlike reënbui net so voor ons vertrek het. "

Victoria-Wes

Die Pophuis Hoekie

"Baie netjiese dorpie. "

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Dis 'n pragtige dorp met mooi ou geboue!"

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Dis 'n heerlike bestemming om deel te maak van enige reis. Ek sou ten minste twee aande bly om jouself kans te gee om na die Mannetjie Roux museum te gaan en ook van die erfenis te beleef. Die brosjures sê dat die gebied in September in blomme onthul is, wat verseker die moeite werd sal wees om te beleef."

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Mooiste Karoodorp!"

Victoria-Wes

Son & Sekel Maan

"Goeie ligging tussen Potch en die Kaap. Gaan maak 'n draai daar."

Victoria-Wes

Karoo Koelte B&B

"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."

Victoria-Wes

Marseilles Farm Guest House

"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Ek het nie veel van die dorp gesien nie."

Blad
Blad 14 - Wys 391 tot 420
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem