Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 4238 resensies.
Susanne J. - 12th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook!
Desiree J. - 11th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer.
Ilze D. - 11th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!
Antoinette R. - 11th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart.
Riana P. - 11th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
So mooi!
Carl D. - 11th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Golden Gate is 'n groot pluspunt.
Cilliers B. - 11th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is pragtig. Die winkels is baie uniek, die pryse van die items (leer produkte) wat ons gekoop het is goedkoop. Kos is verkrygbaar in 'n groot verskeidenheid teen goeie pryse.
Marieta B. - 11th December 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Lekker in die middel op pad see toe. Eetplekke almal op een plek. En diens is puik.
Flora C. - 10th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is 'n romantiese dorpie in die natuurskoon.
Riaan C. - 8th December 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
Beslis 'n besoek werd vir mense wat belangstel in ons land se geskiedenis.
Petrus F. - 8th December 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Pragtige ou geskiedkundige plek.
Ben M. - 8th December 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Baie rustige area.
Anton O. - 7th December 2017
staying in Ladybrand, Vrystaat
Meeste paaie in die dorp was eens paaie gewees, nou is dit net stofstrepe met gatte in. Die R26 van albei kante is ook baie gevaarlik met verskriklik baie potholes.
Nico D. - 6th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Veels te besig oor naweke maar perfek geleë om al die omliggende gebiede maklik te besoek.
Elize B. - 5th December 2017
staying in Zastron, Vrystaat
Zastron is goed geleë en het lieflike, groot woonhuise.
Chris J. - 5th December 2017
staying in Hoopstad, Vrystaat
Gasvrye gastehuis is gelukkig 3 km buite Hoopstad geleë op 'n plaas en is 'n goeie en gerieflike oorslaappunt tussen Mpumalanga en die Noord-Kaap.
Erich H. - 5th December 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Nie veel gesien nie maar dis 'n baie netjiese plattelandse dorpie.
Burick V. - 5th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is awesome.
Elmarie J. - 5th December 2017
staying in Vrystaat
Stunning scenery!
Riaan V. - 5th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Been there before and will keep on going back!
Pieter S. - 4th December 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Gerieflik naby winkels en restaurante.
Corne C. - 4th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Absolutely stunning.
Susanne J. - 4th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Die moeite werd, 'n wegkomkans uit die gejaagde lewe, voel soos 'n ander wêreld.
Kotie H. - 4th December 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker kuierdorpie vir 'n naweek.
Thapelo M. - 4th December 2017
staying in Clocolan, Vrystaat
Peaceful location. If want to get away from the busy city life to have a peace of mind and clean air, I would recommend you visit Clocolan.
Madelie H. - 4th December 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
I thought Harrismith was just another grey little Free State town, but was pleasantly surprised at this bustling town with its interesting little craft shops and beautiful old buildings.
Hannelie V. - 2nd December 2017
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Ekonomies, maar nogtans ordentlik.
Frances I. - 1st December 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Lovely place.
Zelda D. - 29th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Baie unieke dorp met die mooiste natuurskoon.
Ray M. - 29th November 2017
staying in Ladybrand, Vrystaat
Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand.
Carol F. - 28th November 2017
staying in Rosendal, Vrystaat
Lovely. Enjoyed the market day.
Leon V. - 28th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!
Thea V. - 28th November 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Mooiste omgewing.
Kerisha C. - 28th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Lovely destination.
Chris H. - 28th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar.
Tanya V. - 27th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Nog altyd verlief op Clarens, weereens glad nie teleurgestel nie, dit raak net beter!
Maritza U. - 27th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Die motorfietsbendes moet verkieslik die dorp verbied word, hulle is van hanekraai af al raserig! Alles is bekostigbaar en die eetplekkies is heerlik. ‘n Heerlike plekkie vir ‘n naweek!
Nico N. - 27th November 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Die paaie en watertoevoer bly 'n probleem in die dorp.
Neil W. - 27th November 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Love Clarens.
Gerrie V. - 27th November 2017
staying in Philippolis, Vrystaat
A must once in a lifetime experience. Stargazing paradise.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za