Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Great shopping meander with enough food and watering holes along the way. Golden Gate National Park is worth a visit. Drive to Kestell (50 kms) for lunch at the hotel, it is good value for money."
"Baie nice, en lekker plekkies om te besoek, was lekker vir 'n familie naweek."
"Was nie regtig in die dorp gewees nie. Maar net as oorslaap gebruik. Was egter by die slaghuis in en nie vriendelike diens gekry nie."
"Was my eerste besoek aan Parys en was aangenaam verras met die dorp. Almal is baie vriendelik en behulpsaam. Sal graag weer besoek. Twee goeie gholfbane in die dorp."
"Dis heerlik om in die winkeltjies rond te dwaal. O's restaurant is 'n absolute moet: die kos is onverbeterlik, die diens flink, die personeel gasvry en dit is reg langs die rivier wat dit 'n spesiale bekoring gee. Lekker Bistro was ook 'n baie lekker restaurant en Angelo's Pizza maak beslis die grootste en lekkerste pizza's in die land!"
"Probeer gerus Lekker Bistro vir heerlike kos en 'n lieflike atmosfeer. En besoek gerus Pine's Emporium vir 'n magdom interessanthede, oudhede, fudge en nog meer."
"Baie mooi dorp en as jy hou van stap die mooiste staproetes en genoeg - jy moet amper 'n week daar wees, 'n naweek is te min vir Clarens."
"Clarens is vir ons as gesin nog al die jare sielskos. As ons vir een jaar nie kan gaan nie het ons 'n gemis in ons lewe. Ons wil altyd terug na Clarens. Ons kom altyd terug met lekker memories."
"Het nie baie tyd in Fouriesburg spandeer nie, maar hulle slaghuis is fantasties."
"Onthou om vooraf te bespreek by die gewilde restaurante, veral oor naweke. Die pryse van die meeste winkels is ongelukkig effens hoog en dit sal lekker wees om nog 'n paar nuwe unieke winkels te sien (nie dieselfde as al die ander winkels nie)."
"Clarens is die pragtigste dorpie met so baie om te doen en te sien, het al my verwagtinge oortref en sal beslis weer soontoe gaan."
"Dis 'n wonderlike bestemming met goeie atmosfeer en die lieflikste omgewing. Baie goed geleë om Golden Gate te verken."