Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Baie mooi dorp en as jy hou van stap die mooiste staproetes en genoeg - jy moet amper 'n week daar wees, 'n naweek is te min vir Clarens."
"Clarens is vir ons as gesin nog al die jare sielskos. As ons vir een jaar nie kan gaan nie het ons 'n gemis in ons lewe. Ons wil altyd terug na Clarens. Ons kom altyd terug met lekker memories."
"Het nie baie tyd in Fouriesburg spandeer nie, maar hulle slaghuis is fantasties."
"Onthou om vooraf te bespreek by die gewilde restaurante, veral oor naweke. Die pryse van die meeste winkels is ongelukkig effens hoog en dit sal lekker wees om nog 'n paar nuwe unieke winkels te sien (nie dieselfde as al die ander winkels nie)."
"Clarens is die pragtigste dorpie met so baie om te doen en te sien, het al my verwagtinge oortref en sal beslis weer soontoe gaan."
"Dis 'n wonderlike bestemming met goeie atmosfeer en die lieflikste omgewing. Baie goed geleë om Golden Gate te verken."
"We travelled there for a rugby tournament. Derelict town, run down, few restaurants that close early. The people are still welcoming and friendly. They go out of their way for the guests that pass through."
"Kostelike, plattelandse dorpie wat 'n oorvloed rustigheid bied. Verskeie besienswaardighede, maar daarvoor moet jy tyd inruim."
"Trompsburg is 'n baie klein dorpie, ideaal vir oorslaap tussen Johannesburg en die Kaap."
"Die dorp is veilig en skoon. Die natuurskoon het 'n kinderlike opgewondenheid in ons gewek. Ons was effe teleurgesteld in die snuffelwinkels, aangesien baie winkels toe was a.g.v. beurtkrag."
"Ons was meer in Clarence. Fouriesburg is aan ons bekend. Vanaf Bloemfontein beveel ek glad nie die pad aan vanaf Clocolaan, Ficksburg. Die gate in die pad is iets verskriklik. Ry eerder die N1."
"Daar is nie vreeslik baie vir kinders om te doen nie, dit is meer vir egpaar of groep vriende wat nie kinders het nie."