Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Wakkerstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 343 resensies.

Wakkerstroom

Rustic Rose Guesthouse

"Rustige dorp weg van die stad se lawaai. 'n Voëlkykersparadys! 'n Naweek in Wakkerstroom voel soos 'n week se vakansie!"

Wakkerstroom

Laventaba Guest House

"Great place for bird lovers."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Netjiese dorp met lekker kos."

Wakkerstroom

Grasslands Cottage

"Wakkerstroom is a small community. The lack of traffic and pedestrian noise during the night was a real treat. It is a birding destination of note and the wetlands are well supplied with bird hides and are easily accessed."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Die mooiste, skoonste dorpie. Die perde, beeste, skape, bokke en tarentale in die erwe gee dit 'n plaasgevoel binne 'n dorp. Die geskiedenis is interessant. Hou dit asseblief so, daar is min sulke mooi plekkies."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Die kos is nog regte waarde vir geld."

Wakkerstroom

Grasslands Cottage

"Wakkerstroom is a charming destination, particularly if one is a birding enthusiast. "

Wakkerstroom

Semi Soet

"Ons was gelukkig want ons was by 'n restourant op Wakkerstroom en toe ontmoet ons die eienaar, baie aangename vriendelike mense."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Wakkerstroom is 'n oudwêreldse dorp (1859), die tweede oudste dorp in Mpumalanga met 'n mooi kerk en breë strate en ook 'n lushof vir die voëlkyker!"

Wakkerstroom

Rustic Rose Guesthouse

"Ek het die inligtingskantoor besoek en hulle was baie behulpsaam. Ek hou van fotografie en het dus die voëlskuilings baie besoek. Ek sal weer Wakkerstroom in November besoek en dan kyk of ek die Mahems en Kraanvoëls kan afneem."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"The information centre was very helpful and friendly. On a Sunday evening everything is virtually closed to have a dinner. The convenience store / petrol station - pathetic."

Wakkerstroom

Wakkerstroom Country Inn

"Sal graag terugkeer."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Goeie area om 'n paar endemiese voëlsoorte by jou lewenslys te voeg. Die dorp is ook besig om gereelde naweekvermaak vir toeriste te organiseer. Baie mooi omgewing wat verskeie verskillende biome verteenwoordig. Die verskillende seisoene bied elkeen sy eie bekoring. "

Wakkerstroom

DeKotzenhof

"Goeie plek vir voëlkyk as weer saamspeel."

Wakkerstroom

Forellenhof Guest Farm

"Bekoorlike klein dorpie."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Very small town, we do out rides with quads there on the farms and it is beautiful. The best place in Wakkerstroom with the most friendly owners to visit is the Macky Duck, food is awesome, friendly people. "

Wakkerstroom

Wetlands Country House & Sheds

"Wakkerstroom is 'n klein dorpie met baie vriendelike mense. Ons was aanbeveel om by die Mucky Duck Pub & Grub te gaan eet en was aangenaam verras deur die ontvangs en diens asook kwaliteit kos wat aangebied is. "

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Great location, especially for birders, as well as the surrounding environment."

Wakkerstroom

The Social Weaver Country Lodge

"Die plekkie word elke jaar aantrekliker. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam en doen baie moeite om hulle dorp te adverteer. Daar's baie te doen en die voëlgidse is bekwaam en vriendelik."

Wakkerstroom

Wakkerstroom Country Inn

"Was besonder beïndruk met die algemene netheid van die dorp insluitend ooglopende moeite met ook privaat tuine. Reëlings vir Musiekfees was uitstaande, sal dit definitief weer bywoon en ook aanbeveel. Pryse van konsert-kaartjies en ook kos was baie billik in teenstelling met verblyfkoste."

Wakkerstroom

Wakkerstroom Country Inn

"Geniet elke oomblik wat ek daar is."

Wakkerstroom

Goudhoek Farm Stays

"'n Baie geskiedkundige dorpie wat alle toeriste met ope arms verwelkom. 'n Besliste geleentheid vir 'n naweekwegbreek."

Wakkerstroom

Goudhoek Farm Stays

"Karaktervolle dorpie wat heelwat lewe gekry het oor die laaste dekade of twee, maar steeds hoofsaaklik 'n basis is om die natuur en landskap te waardeer."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Ons het bietjie gesukkel om 'n winkel oop te kry, maar ons was eers na 14:00 daar. Baie lekker uit geëet by 'n restaurant die aand. Lekker rustige dorpie!"

Wakkerstroom

Semi Soet

"Wakkerstroom is 'n baie spesiale plek. Die stilte en natuurskoon is telkens asemrowend! Die gebrek aan al die "stadsdinge" waaraan 'n mens gewoond is, pla 'n mens nie eers nie, want die stilte is salf vir die siel!"

Wakkerstroom

Goudhoek Farmstay

"Die mense in en om Wakkerstroom is baie vriendelik en hulpvaardig. Ons het almal baie geniet waarmee ons te doen gekry het. Die kaasmakery op die dorp se kase is ongelooflik lekker en uiters billik. Ondersteun die mense gerus. Die bakkery se pasteie is ook uit die boonste rakke. Indien jy al 4 wiele van jou voertuig kan saamtrek, ry gerus die ossewapad teen die koppie uit om die dorp van bo af te besigtig. Wees voorbereid op die plaaslike kinders wat met jou terugkeer gaan vra vir wat jy mag hê om te gee. Wakkerstroom hou ook 'n musiekfees in Maart en 'n kunsmark gedurende die langnaweek in Junie wat net nog kleur en geur aan 'n besoek aan die dorpie sal verleen."

Wakkerstroom

Goudhoek Farmstay

"As jy Wakkerstroom toe gaan moet jy weet hoekom jy gaan, anders gaan jy jouself daar verveel. Nie baie om te sien en te doen nie."

Wakkerstroom

Die Pophuis

"Van die winkels is te koop en dus was daar nie veel in die dorp te sien nie. Die geskiedenis is baie interessant. "

Wakkerstroom

The Social Weaver Country Lodge

"Oulike dorpie. Nie regtig 'n restaurant wat WOW is nie."

Blad
Blad 10 - Wys 271 tot 300
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem