Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Die wind kan maar erg raak - maar die stiller dae is heerlik as daar 'n ligte windjie waai."
"Isabellas in die hawe het die beste seekos, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. OK Foods was baie indrukwekkend. Skoon en ietsie van alles. Die locals is almal vriendelik en het ons baie welkom laat voel."
"Moet sê Lambertsbaai was in die middel van 'n plaaslike verkiesing so dit was nie baie aangenaam nie."
"Kinders wat in strate smous word problematies, maak mens ongemaklik om te stap en inkopies te doen. Verder was alles fantasties!"
"Heerlik om daar te kuier. Port Owen bied ook genoeg vermaak indien iemand daarna sou smag tydens 'n kuier aan Wamersvlei."
"Lambertsbaai het erg agteruit gegaan. Van die geboue is baie verwaarloos. Ons het gereeld besoeke afgelê, maar sal eerder verby ry."
"Ongeag die kriminele faksie, sal ek weer teruggaan. Gelukkig is daar meer as genoeg inliging in die eenheid beskikbaar om jou waarsku, as ook genoeg inligting oor waar jy wettig seekosse kan koop."
"As dit nie vir die Muisbosskerm was nie, sal ek dit glad nie aabeveel nie. Die dorp is verwaarloos, die strate is vol slaggate. Die dorp het baie baie agteruitgegaan na ons vorige besoek & ek twyfel of ons dit ooit weer sal besoek. Plumpie vir die mense by die garage waar jy ook jou vuil klere kan laat was en weer dieselfe dag terug kry. Skoon, opgevou en gestryk."
"Nie veel om te doen nie maar 'n heerlike rustige verblyf as dit al is wat jy wil doen en pragtige strande om te stap."
"Paternoster is 'n pragtige dorpie, vir ons as gesin was die stilte en die mooi wit huisies die hoogtepunt van ons lekker vakansie. Ons sien uit na n volgende keer."
"Great place to unwind, take long walks on the beach, browse through quaint shops, eat delicious food and have wonderful entertainment at the Koelkamer."
"Eerste besoek aan Paternoster. Ons het die kleindorp gevoel baie geniet. Sal moeite doen om die klein juweeltjie weer te besoek."
"Relaxing, quiet, the perfect destination to break away from the noise and stress of the metropolitan."
"Yzerfontein lyk lekker, maar ons was te ver om dit te geniet, buite stap afstand. Baie van die groep het siek teruggekom weens die stof paaie."
"Ons het wel by Langebaan gebly, maar vir 'n week lank deur die hele Weskus getoer. Langebaan was dus vir ons heerlik sentraal om elke dag die Weskus in 'n ander rigting te gaan verken."