Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 389 resensies.
"Witsand is 'n vakansiedorpie, klein maar lekker, nie baie om te doen vir tieners nie, daar kan Witsand regtig iets aan doen. Die weer is die grootste faktor, maar dis natuur. Natuur is onvoorspelbaar, maar dis nogsteeds 'n wonderlike plek om na te gaan. Ek stel ook voor dat die locals meer vriendeliker moet wees, veral in die winkels. Beter bakens/boeie op die rivier sit. Dis vir nuwe mense met bote om die sandbanke mis te ry, volg Knysna lagoon se voorbeeld met die boeie. Ek gee Witsand 8/10, lekker plek."
"Visvang vir die manne, in die rivier as die wind nie saamspeel nie, en see toe op windstildae. Heerlike koffie- en kuierplekke vir die dames terwyl die manne uitgaan water toe."
"Witsand is a great vacation destination, always love coming here. The beach is beautiful and the water is lovely. One of if not the best fishing destinations in SA, so for the fisherman out there this is definitely the place to come and visit and there are more than enough fishing spots."
"Witsand is 'n bestemming wat dag by dag al dieper onder mens se vel klim soos mens die ritmes by inval. Ek het verwagtinge gehad en dis alles oortref."
"Superb, scenic delight. Refreshingly uncommercialized and out on a limb. If you want a rustic laidback destination this is it."
"Witsand is one of those places where you need a boat, the fishing can be amazing but charters are expensive. Overall we like Witsand but if you're not going to fish all day, then make sure you have all the things that's going to keep you busy and make you happy without it. There are a couple of gems in Witsand so make sure you look around."
"Gaan beslis weer kom kuier. Ken nou die rivier beter. Bring net asb. jou eie proviant en aankope, aangesien die pryse maar hoog is."
"Onthou daar is baie beperkte winkels, en niks wat op 'n Sondag middag oop is nie."
"Lieflike vakansiedorpie - veral wanneer mens dit kombineer met bootry en visvang in die rivier/see! Interessante winkeltjies met die nodigste voorraad beskikbaar. Ons het 'n baie interessante lesing gehad deur Martin Fourie - mede-eienaar van die nuwe 'Spasie' Restaurant oor die herkoms van rum en ook hoe dit gedistilleer word ens. Ook het ons dikwels by Pili Pili Restaurant gekuier waar die bote vasmeer. Dit was lekker om by die Wolskuur Markie te kon rondsnuffel. Ons kuiertjie was ongelukkig te kort om nog by Anchorage Restaurant ook te kon uitkom. Witsand/Port Beaufort kan definitief aanbeveel word vir 'n vakansiebestemming."
"Ons tweede keer in Witsand en sal weer kom kuier. Dorp was stil en drank was pepperduur. Maak jouself reg vir 'n R50 tot R80 heffing per bottle. Die twee restuarante was puik en het lekker gekuier. Die aas wat ons gekoop het was beslis ook nie die varste of die goedkoopste nie. Volgende keer sal ons meer voorbereid wees en nog lekkerder kuier."
"Think the shops close too early. We arrived 5:30 and could not buy milk or cooldrink and had to buy cooldrink at the restaurant at R20 a small bottle. "
"Ek en my man is mal oor Witsand. Baie klein, vriendelike gemeenskap. Lieflike strand en The Anchorage restaurant maak heerlike kos teen bekostigbare pryse."
"Witsand is bekend aan ons, aangesien ons 'n paar keer daar gekuier het. Dis rustig en stil. Die winkels voldoen aan behoeftes en jy kan heerlik eet by die restaurant."