Is jy in Kaapstad vir jou verjaarsdag? Dan is hierdie die perfekte blog vir jou om ’n magiese avontuur met gratis bederfies en onvergeetlike ervarings te beleef! Van die lewendige stad tot ’n rustige ontsnapping aan die kus, LekkeSlaap het iets vir almal! So, lees verder om die beste gratis avonture te ontdek om jou spesiale dag ekstra lekke te maak én ontspan in knus verblyf in die hartjie van Kaapstad se middestad of aan die asemrowende kuslyn. Maak gereed vir dié beste verjaarsdagwegbreek, sonder om ’n arm en ’n been daarvoor te betaal!

Table Mountain Cableway

1.Table Mountain Cableway_Flickr_Rudi Steenbruggen
Foto: Rudi Steenbruggen op Flickr

Tydens jou verjaarsdagmaand kan jy gratis op Tafelberg se kabelkarretjie ry! Suid-Afrikaners kan hul verjaarsdagkaartjie op enige dag gedurende hul verjaarsdagmaand gebruik en jy kan hierdie kaartjie sommer by die kantoor of besoekers-inligtingsentrum kry.

Onthou: Die kabelkarretjie sluit jaarliks tussen 15 Julie en 1 September vir  instandhouding. Hou ook hulle webtuiste dop om seker te maak dat die kabelkarretjie op jou gekose dag werk en om die weerstoestande te sien.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, bestuurslisensie of geboortesertifikaat
Waar: Laer-kabelwegstasie, Tafelbergweg, Kaapstad

2025 @ One Thibault

Two Oceans Aquarium

2.Two Oceans Aquarium_Dominique Fuchs
Foto: Dominique Fuchs

Kom verken die wonders van die see by Two Oceans Aquarium gratis! Jy kan jou verjaarsdagkaartjie by die akwarium se kaartjiekantoor afhaal. So, waarvoor wag jy? Kom verkyk jou aan die haaie, pikkewyne, skilpaaie, seekatte, kelpwoude, bontpalings, jellievisse en koraalriwwe.

Onthou: Jy het net ses dae vanaf jou verjaarsdag om dié gratis verjaarsdagkaartjie te gebruik.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, bestuurslisensie of geboortesertifikaat
Waar: Dock-weg, V&A Waterfront, Kaapstad

Cape Wheel

3.Cape Wheel_The Decks 1102
Foto: LekkeSlaap, The Decks 1102

Kom ervaar Kaapstad se prag vanuit die groot wiel! Registreer op Cape Wheel se webtuiste om by hul verjaarsdagklub aan te sluit en jou gratis kaartjie te kry. Voltooi net die aansoekvorm en jy sal jou kaartjie per e-pos  ontvang wanneer jou verjaarsdag aanbreek.

Onthou: Jy moet vóór jou verjaarsdag by hul verjaarsdagklub registreer. Jy sal die 30-dae-verjaarsdagkaartjie op jou verjaarsdagdatum ontvang. ’n Uitgedrukte bewys van die kaartjie is vir 30 dae geldig, andersins mag jy slegs op jou verjaarsdagdatum gratis op die wiel ry.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument
Waar: The Lawns, Breakwater-boulevard, V&A Waterfront, Kaapstad

The Decks 1102

UpCycles

4.UpCycles_LekkeSlaap
Foto: LekkeSlaap, First Group Riviera Suites

Begin óf eindig jou verjaarsdag op ’n fiets en geniet ’n skilderagtige rit al langs die see op Seepunt se promenade. UpCycles bied ’n gratis fietsrit van een uur op jou verjaarsdagdatum. So, kom trap rustig terwyl jy die stad en die see bewonder.

Onthou: Hierdie aktiwiteit kan jy slegs op jou verjaarsdagdatum geniet.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, bestuurslisensie of geboortesertifikaat
Waar: Beach-weg, Seepunt, Kaapstad

Newkings Boutique Hotel

Krispy Kreme

5.Krispy Kreme_Dominique Fuchs
Foto: Dominique Fuchs

Dié bederf is spesiaal vir al die soettande! Vier jou spesiale dag met heerlike oliebolle ─ genoeg vir die hele groep! Wanneer jy enige dosyn oliebolle op jou verjaarsdag by Krispy Kreme koop, sal jy ’n ekstra dosyn van die oorspronklike Glazed-oliebolle gratis ontvang. 

Onthou: Jy moet minstens 48 uur voor jou verjaarsdag hul toepassing aflaai en ’n profiel skep om vir hierdie bederf te kwalifiseer.
Waar: Enige tak wat aan hierdie spesiale bewys deelneem.

Loer gerus na ’n paar lekker verblyfopies in Century City, waar jy sommer by Canal Walk se Krispy Kreme ’n draai kan maak.

Knightsbridge 1002

Zeitz MOCAA

7. 6.Zeitz MOCAA_Corine Raath
Foto: Corine Raath

Kom ervaar die indrukwekkende Zeitz Museum van Kontemporêre Afrika Kuns gratis op enige dag gedurende jou verjaarsdagmaand. Dié museum word as die grootste museum van kontemporêre kuns in Afrika beskou en sal jou werklik meevoer!

Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, bestuurslisensie of geboortesertifikaat
Waar: V&A Waterfront Silo Distrik, S Arm-weg, Waterfront, Kaapstad

One&Only Cape Town

City Sightseeing

7. City Sightseeing _Megan Zehrt
Foto: Megan Zehrt

Kinders tussen die ouderdom van 4 en 15 jaar kry ’n gratis Classic 1 Day Open Top Red Bus Ticket vir hul verjaarsdag én hul kan een maat, in dieselfde ouderdomsgroep, gratis op die dag saambring. Wat klink dan nou lekkerder as om partytjie op ’n bus wat deur Kaapstad se prag ry, te hou?

Onthou: Kinders moet deur een volwassene wat teen volprys ry, vergesel word. Jy moet ook twee weke voor die verjaarsdag registreer om die kaartjie per e-pos te ontvang. Die kaartjie is dan vier weke, een week voor die kind se verjaarsdag en drie weke daarna, geldig.
Waar: Kaartjiekantoor, Dock-weg, Victoria en Alfred Waterfront, Kaapstad

Waterfront Village

Sky-Hi Ride at Hotel Sky

8.Sky-Hi Ride at Hotel Sky
Foto: LekkeSlaap, Hotel Sky Cape Town

Dié is die perfekte avontuur vir adrenalienliefhebbers! Sky-Hi Ride at Hotel Sky bied ’n opwindende rit waar jy 35 meter in ’n stoelhyser op gaan en ’n ononderbroke uitsig oor Kaapstad sal hê. En nét wanneer jy op jou rustigste is, val die stoelhyser vinnig weer af! Jy kan hierdie rit gratis tydens jou verjaarsdagmaand geniet. 

Onthou: Bespreek jou kaartjie via Webtickets en gebruik jou ID-nommer as verifikasie. Hierdie kaartjie sluit die video van die ervaring uit, maar dit kan teen R50 gekoop word.
Waar: 28ste verdieping, Hotel Sky, Lower Langstraat 9, Kaapstad

Wees naby die aksie en bespreek jou verblyf sommer by Hotel Sky Cape Town óf loer gerus na ’n paar lekker verblyfopies in Langstraat wat steeds naby Sky-Hi Ride at Hotel Sky is.

302 Langham House

The Galileo Open Air Cinema

9.The Galileo Open Air Cinema_Dominique Fuchs
Foto: Dominique Fuchs

Indien jou verjaarsdag tussen November en April val, kan jy The Galileo se opelugbioskoop geniet! Jy sal gratis toegang, ’n leunstoel en ’n kombers na een van hul vertonings ontvang sodat jy rustig agteroor kan sit en die fliek kan geniet. 

Onthou: Dit is slegs tydens die week van jou verjaarsdag geldig en begin op ’n Maandag en eindig op ’n Sondag. Hierdie verjaarsdagkaartjie sluit ook spesiale vertonings, soos Halloween, Kersaand, Kersdag, Valentynsdag en Paasfees uit.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument
Waar: Battery Park, V&A Waterfront, Central Park, Century City, Kirstenbosch Garden en Nuweland

Loer gerus na ’n paar lekker verblyfopies in V&A Waterfront, Century City en naby Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine of kliek hieronder om opsies in Nuweland te sien.

Newlands Peak 801

Mugg & Bean

10.Mugg & Bean_ Flickr_Nina Mehta
Foto: Nina Mehta op Flickr

Vier jou verjaarsdag ordentlik deur aan ’n stuk koek by Mugg & Bean te smul! Jy kan hierdie heerlike aanbieding tydens jou verjaarsdagmaand geniet en tussen enige van hulle koeke kies. 

Onthou: Sluit minstens 48 uur voor jou verjaarsdag by hul lojaliteitsprogram aan. As dit jou eerste keer is wat jy by hul aansluit, sal jy ook ’n gratis cappuccino kry!
Waar: Enige tak wat aan hierdie spesiale bewys deelneem.

Kliek gerus hieronder en bly bietjie nader aan Kaapstad se kus, in die mooie Groenpunt!

The Murex

Ster-Kinekor

11.Ster-Kinekor_WCities EN The E.N.D_Flicker
Foto: WCities en The E.N.D op Flicker

Kry ’n gratis 2D- of 3D-fliekkaartjie by Ster-Kinekor vir jou verjaarsdag en gaan geniet die nuutste vermaak op die grootskerm! 

Onthou: Teken voor jou verjaarsdag vir die Ster-Kinekor-fliekklub aan en jy sal jou gratis kaartjie ontvang.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument
Waar: Enige tak wat aan hierdie spesiale bewys deelneem.

Loer gerus na ’n paar lekker verblyfopies in Bloubergstrand, waar jy sommer by Bayside Mall se Ster-Kinekor kan gaan fliek en in een van Kaapstad se gewildste areas sal bly!

Seacret Whale - Sea View Apartment

JC Brasserie

Foto: www.jcbrasserie.co.za

Gaan geniet ’n verjaarsdagete by JC Brasserie! Hulle sal jou met ’n gratis verjaardagdrankie en ’n ete ter waarde van R80 bederf.  Só sal jy nie jou verjaarsdag op ’n leë maag hoef te vier nie!

Onthou: Minimum R200 moet spandeer word en dit kan nie saam met ander spesiale aanbiedings gebruik word nie.
Jy benodig: ’n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument
Waar: De Villiersweg 18, Distrik Ses, Kaapstad

Loer gerus na ’n paar lekker verblyfopies in Kaapstad se middestad sodat jy nie ver hoef te reis nadat jy jou trommeldik by JC Brasserie geëet het nie!

Urban Oasis at Four Seasons

So, waarvoor wag jy? Maak nou al jou verjaarsdagplanne en kom geniet dié beste van Kaapstad gratis terwyl jy salig ná ’n bedrywige dag by jou snoesige verblyf kan rus!

Hooffoto: One&Only Cape Town, LekkeSlaap

Lees ook:

10 sakpaswegbreke naby Gauteng

Lekker glanskampplekke in Limpopo

Weskus-wegbreke vir paartjies